Arnold van Wyk (1916-1983) se Carmine Petronii - Carmine Petronii by Arnold van Wyk (1916-1983)

Die beeld van Arnold van Wyk as liedkomponis berus op sy liedsiklusse Vier weemoedige liedjies en Van liefde en verlatenheid, asook enkele losstaande liedere. Die beeld behoort uitgebrei te word deur kennis te neem van die ongepubliseerde Petronius-liedere, waarvan die komposisiesketse en outograwe bewaar word in die Arnold van Wyk-versameling by die Universiteit Stellenbosch. Die Petronius-liedere is 'n liedsiklus vir bariton en klein instrumentale ensemble (fluit, altviool, tjello, Franse horing, perkussie, harp en klavier) op vyf Latynse tekste uit die Satyricon van Petronius Arbiter (c. 27-66 GE). Die komposisieproses, begin gedurende 1957-1959, is toe onderbreek en is eers in 1964 voltooi. Die onderskeie liedere toon Van Wyk se vermoe om gedigte verbeeldingryk te toonset en om 'n oortuigende vormeenheid te gee aan elke lied en die siklus as geheel. Hy ontgin die instrumente se klankkarakter in die ensemble op vindingryke wyse en gebruik die begeleiding tegelyk as middel tot klankskildering en vormgewing. Saambindende elemente in die siklus is die eensoortige sentiment van die tekste, die klavier se deurlopende teenwoordigheid, die wisselnootmotief, en die gebruik van die tritonus in verskillende toonsoorte, asook pedaalpunte. Akkoordsamestellings lees dikwels moeilik weens die dubbele spelling van note. Nadat elke lied individueel bespreek word, word gewys op die moontlike invloed van Benjamin Britten se werk op die Petronius-liedere.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Oosthuizen,Magdalena, Lüdemann,Winfried
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512022000300007
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!