Die verwerwing van Afrikaanse foneme deur kinders van 24-72 maande

DOEL: Die hoofdoel was om die ouderdom waarop Afrikaanse foneme deur kinders van die ouderdomsgroep 24-72 maande verwerf word, te beskryf volgens die teoretiese raamwerk van 75% korrekte produksie. Die subdoel was om te bepaal of 'n verskil in verwerwing tussen manlike en vroulike kinders per ouderdomsgroep gevind kon word METODE: Die studiebevolking het uit 150 deelnemers bestaan (30 per ouderdomsgroep, 15 manlik en 15 vroulik), ouderdom 24-72 maande. Die Afrikaanse Dieptetoets vir die Artikulasie van Foneme en die Afrikaanse Artikulasie Ondersoek is gebruik om foneemproduksie te assesseer. 'n Nabootsingtaak is uitgevoer om die produksie van vokaalklanke te assesseer RESULTATE: Alle vokaal- en plofklanke is teen die ouderdom van twee jaar verwerf. Die twee affrikate, vier nasale klanke en die laterale klank is teen die ouderdom van drie jaar verwerf. Alle frikatiewe is teen vierjaar verwerf terwyl die trilklank teen die ouderdom van vyf jaar verwerf is. Daar was geen beduidende verskil tussen manlike en vroulike deelnemers ten opsigte van die verwerwing van vokaalklanke nie. Vroulike deelnemers het konsonante vroeër as hulle manlike eweknieë verwerf, maar dit was nie 'n statisties beduidende verskil nie Alle konsonantkombinasies is teen die ouderdom van vyf jaar verwerf. Daar was 'n beduidende verskil tussen manlike en vroulike deelnemers op die ouderdom van drie jaar vir die verwerwing van /sp/ (x² = 0,035, p = 0,035), asook van /sk/ (x² = 0,04, p = 0,04) en /sl/ (x² = 0,01, p = 0,01) op die ouderdom van vier jaar. Geen beduidende verskille het op enige ouderdomsvlak vir die ander konsonantkombinasies voorgekom nie. GEVOLGTREKKING: Teen die ouderdom van vyfjaar is al die foneme verwerf. Oor die algemeen lyk dit of vroulike deelnemers die konsonante en konsonantkombinasies van Afrikaans op 'n vroeër ouderdom as manlike deelnemers verwerf het

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Pringle,Chanté, le Roux,Mia, Geertsema,Salome, Graham,Marien
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512022000200006
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!