Propagandataal: Kwantifiseerders en voor-naamwoorde1

Verskeie studies is al oor die taalgebruik van propaganda gedoen, maar dikwels met behulp van kritiese diskoersanalise, wat die klem op magsverhoudinge plaas en wat dikwels gebruik word om teksspesifieke afleidings te maak. Met die doel om gesistematiseerde afleidings oor die taaleienskappe van propaganda in die breë te maak, word Sistemies Funksionele Linguistiek in hierdie artikel gebruik. Ná die sortering van tekste as propaganda- of niepropagandatekste (as kontrolegroep) met behulp van 'n inhoudelik-gebaseerde sorteringsmodel, is die gebruik van kwantifiseerders en voornaamwoorde in beide teksgroepe geanaliseer. Die studie is 'n kwalitatiewe studie: elke teksgroep bestaan uit agt tekste waarvan ses tekste Engels en twee Afrikaans is. Die tema van die tekste is oudpresident Jacob Zuma se betrokkenheid by die Nkandla- en staatskapingskan-dale in Suid-Afrika. Die gevolgtrekkings sluit die volgende in: niespesifieke kwantifiseerders kan in propa-gandatekste gebruik word om ware inligting te verdoesel en spesifieke kwantifiseerders kan weer gebruik word om wetenskapsdiskoers (wat mediadiskoers moet insluit) na te boots om geloofwaardigheid te verhoog. Voornaamwoorde kan gebruik word om spesifieke eienaar-skapskakels te maak, maar soos dit die propagandis se saak pas. Kataforiese voornaamwoorde (as deel van aanwysende voornaamwoorde) kan weer gebruik word om afstand te skep, wat die propagandis help om defleksie te bewerkstellig. Buiten vir die gewone kohesiefunksie. word die herhaling van sekere voornaamwoorde vir strategiese doeleindes gebruik. Alhoewel daar 'n ooreenkoms in beide teksgroepe bestaan wat die ideasionele metafunksie betref, maak 'n propagandis in 'n groter mate op die interpersoonlike funksie staat om 'n ekstra betekenislaag in die teks te integreer.

Enregistré dans:
Détails bibliographiques
Auteur principal: Maritz,Ansie
Format: Digital revista
Langue:Afrikaans
Publié: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2021
Accès en ligne:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512021000400006
Tags: Ajouter un tag
Pas de tags, Soyez le premier à ajouter un tag!