Die rol van godsdienstige identiteit in die bepaling van die "vervolgingsmodus" vir misdade teen die mensdom

'n Persoon se identiteit bestaan uit veelvuldige "identifiseerders", insluitende godsdiens. Hierdie godsdiens georiënteerde identiteit ("godsdienstige identiteit") moet geïnterpreteer word teen die agtergrond van die reg op vryheid van "gewete, godsdiens, denke en oortuiging". Oor die algemeen is "godsdienstige identiteit" verwant aan die afgeleide effek van 'n persoon se bepaalde eksistensiële oortuiging wat sy/haar innerlike bewussyn en diep eksistensiële identiteit uitmaak, asook sy/haar begrip van die lewe vorm. As 'n beskermde aspek van menslike identiteit, sal ernstige diskriminierende maatreëls op grond van godsdienstige identiteit neerkom op die skending van grondliggende menseregte. Dit kan ook tot gevolg hê dat die vervolger individuele strafregtelike aanspreeklikheid kan opdoen vir godsdiensgebaseerde vervolging as 'n misdaad teen die mensdom. Om sodanige vervolgingsmodus te bepaal, word vereis dat die vervolgde se godsdienstige identiteit die primêre diskriminerende grondslag is waarop die vervolger sodanige slagoffer teiken. Dus, om 'n situasie as godsdiensgebaseerde vervolging te klassifiseer, vereis 'n begrip van die vervolgde se godsdienstige identiteit en hoe dit verband hou met die vervolger se diskriminerende opset. 'n Bepaling van die rol van godsdienstige identiteit in 'n gegewe situasie is dus noodsaaklik om die vervolgingsmodus te bepaal.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Botha,Christo, Nel,Werner
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2021
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512021000100009
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!