Generaal CF Beyers: Sy lewensbeskouing soos weerspieël in sy openbare standpunte

Generaal CF Beyers het uit die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 getree as 'n erkende militêre aanvoerder, strateeg én Afrikanerleier. Beyers is namens die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) na die vredesamesprekings van die 60 Boere-afgevaardigdes by Vereeniging op 15-31 Mei 1902 gestuur. Hier is hy tot voorsitter van die vergadering verkies. Aanvanklik was Beyers van mening dat die Boere die stryd kon voortsit. Algaande het die argument hom egter oortuig: die Here sê dat sy kinders nie deur mag en krag sal slaag nie, maar deur sy Gees... Beyers word in 1912 die kommandant-generaal van die verdedigingsmag van die Unie van Suid-Afrika. Die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog op 4 Augustus 1914 en die Unie se positiewe reaksie op 'n Britse versoek dat hy Duitswes-Afrika (tans Namibië) om strategiese redes inval, lok protes van Beyers en talle Afrikaners uit. Hy bedank as hoof van die Verdegingsmag op 15 September. Beyers is gekant teen 'n rebellie, maar word sonder enige ondersoek of navraag deur Regeringsmagte wat skiet, agtervolg. As 'n voortvlugtige verdrink hy op 8 Desember 1914 in die Vaalrivier naby die huidige Makwassie. Beyers het geglo in 'n bykans deterministiese voorsienigheid van God: 'n oortuiging wat hom in die laaste dae van sy lewe laat vlug en padgee. Na sy dood word sy bandolier met al sy patrone aan hom gevind. Hy het dwarsdeur sy agtervolging deur Regeringsmagte getrou aan Sagaria 4:6 gebly en nie een skoot teruggeskiet nie.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Strauss,PJ
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2020
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512020000300001
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!