Relativering in die poësie van NP van Wyk Louw

Van Wyk Louw pas op verskillende maniere relativering in sy poësie toe: leksikale relativering, waar hy entiteite as klein, dun, smal, ensovoorts, dikwels met die verkleiningsuitgang -tjie beskryf (bv. klein beiteltjie), modale relativering, waar iets gekwalifiseer word met 'n modale bywoord soos mos, glo, miskien, en illokusionêre relativering deur meermale vrae te stel: retories, aan die hoorder/leser gerig, aan homself gerig. Dit lewer verskillende winste op, byvoorbeeld die voorstelling van weerloosheid teenoor bedreiging (bv. die spelende kinders teenoor Raka), die aanduiding van onsekerheid ten opsigte van groot uitdagings ("Miskien ook sal ons sterwe"), en die inkwisiteur se uitdrukking van vrees ("het hy geskree of ek?"). Relativering stel Louw nie alleen in staat om treffende kontraste te skep nie, maar ook om te kenskets en ironiseer, en op 'n wye verskeidenheid terreine korrektiewe aan te bring en nuwe perspektiewe te bied.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Conradie,Jac
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2020
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512020000200009
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!