NP van Wyk Louw (1906-1970)

Ná die verskyning van Van Wyk Louw - 'n Lewensverhaal het meningsverskil oor bepaalde aspekte daarvan ontstaan. Onder meer is aangevoer dat Sheila Cussons (wat nie met my wou praat nie) 'n groter rol in Louw se Amsterdamse jare gespeel het, en ook dat ek negatiewe eienskappe en optredes van hom nie sterk genoeg stel nie, al is dit nie verswyg nie. Ek begin sy lewensverhaal met die oordeel van Karel Schoeman dat Louw "een van die min figure van wêreldformaat is" wat die land nog opgelewer het. Van só 'n mens lê jy nie die klem op sy swakhede nie, maar op sy betekenis vir die Afrikaanse letterkunde, die Afrikaanse gemeenskap, die hele Suid-Afrikaanse samelewing. Wat hy oor nasionalismes, taalbewegings, klein volke en tale skryf, bly aktueel. My bedoeling met die boek was om die lewensverhaal van 'n interessante man, 'n groot digter en denker, so waarheidsgetrou en ewewigtig as moontlik te vertel.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Steyn,Jc
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2020
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512020000200003
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!