Die probleem van vaderafwesigheid in Suid-Afrika: 'n Moontlike oplossing gegrond op Bybelse riglyne

'n Oplossingsgerigte benadering word voorgestel as moontlike bydrae om die maatskaplike probleem van vaderafwesigheid in Suid-Afrika te probeer bekamp. Gebroke gesinne is een van die grootste oorsake en gevolge wat lei tot die verhoogde kwesbaarheid van kinders. Kinders in nood, veral as hulle in sorg geplaas word, maak deel uit van 'n uiters kwesbare groep persone wat nie genoegsame ondersteuning kry nie. Artikel 150 van die Kinderwet bepaal juis dat 'n kind die sorg, beskerming en ondersteuning van beide ouers benodig, anders openbaar die kind gedrag wat nie beheer kan word nie en kan sy of haar fisieke, geestelike en maatskaplike welsyn ernstig hierdeur benadeel word. Daarom is dit kritiek belangrik om te verstaan dat die afwesigheid van ʼn ouer binne ʼn gesinstelsel ʼn vakuum in die ouerskaprol veroorsaak, ʼn negatiewe invloed op die gesin het en veral kwesbare kinders se vermoë om doeltreffend te funksioneer nadelig beïnvloed. In Suid-Afrika is die uitdaging van vaderafwesigheid 'n maatskaplike probleem wat in die meeste gemeenskappe voorkom. Die belangrikheid van vaderskap in die samelewing word egter dikwels nie belangrik geag nie. Daarom is dit geensins verbasend dat die afwesigheid van 'n vader in 'n gesin ʼn toenemende verskynsel en neiging in baie gemeenskappe is nie, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Freeks,Fazel
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2019
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512019000400017
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!