Kan die leierskorps van 'n onderpresterende Suid-Afrikaanse primêre skool ten spyte van 'n uitdagende skoolkonteks die skip van rigting laat verander? 'n Gevallestudie

Hierdie artikel omskryf die bevindings van 'n gevallestudie wat ondersoek het hoe die leierskapskorps by 'n Suid-Afrikaanse primêre skool, teen die agtergrond van 'n uitdagende skoolkonteks, daarin kon slaag om 'n omkeer by die skool te bewerkstellig, onder leiding van dieselfde skoolhoof. 'n Kwalitatiewe benadering is gevolg om die belewenisse van die skoolhoof, die skoolbestuurspan en die onderwysers te ondersoek in hulle poging om die skool se akademiese prestasie te verbeter. Die outeurs beweer dat faktore wat nóú saamhang met veragtering in 'n gemeenskap nie noodwendig 'n leierskapskorps sal beweeg om op kreatiewe wyse strategieë te identifiseer wat probleme kan oplos nie. Die bevindings dui daarop dat sodanige onderneming 'n duidelike en gemeenskaplike visie, missie en oortuiginge verg; 'n sisteembenadering wat op die wanfunksionele skoolkultuur afgespits is; asook 'n kollektiewe benadering wat monitering en die aanvaarding van aanspreeklikheid insluit. Die artikel volstaan met die slotsom dat, alhoewel uitdagings binne die skoolkonteks steeds 'n beduidende rol speel, die leierskap en personeel 'n omkeer in 'n skool se prestasie kan bewerkstellig deur met kreatiewe en vernuwende gekontekstualiseerde pogings vorendag te kom.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Steyn,Trudie, Heystek,Jan
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2018
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512018000200010
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!