Revolusie of reformasie? Die moontlike betekenis van Guillaume Groen van Prinsterer (1801-1876) se besinning daaroor vir vandag

Byna daagliks berig die media oor revolusionêre bewegings en hulle soms bloedige aksies. Ook in Suid-Afrika beoog die regering tans ʼn (sogenaamde demokratiese) revolusie op sosiaal-ekonomiese gebied. In die lig daarvan probeer hierdie ondersoek antwoorde op die volgende twee belangrike vrae vind: (1) Wat is die geestelike dryfveer, die karaktertrekke en die implikasies van ʼn revolusionêre manier van samelewingsverandering? (2) Wat presies behels die alternatief van ʼn Christelike reformatoriese benadering? Die opus magnum van die denker, Groen van Prinsterer (1801-1876), Ongeloof en revolutie, verskyn in 1847, ʼn jaar voor Karel Marx se revolusionêre Kommunistiese Manifes en bevat waardevolle insigte wat vandag nie vergeet mag word nie. 170 Jaar gelede het hierdie leier van die Nederlandse Réveil - ʼn merkwaardige Christelike herlewing - ook voor die keuse gestaan van revolusie of reformasie. Daarom dien sy werk in hierdie bydrae as inspirasie vir verdere besinning. Ongelukkig dra min mense in Suid-Afrika en ook elders (buite Nederland) nog kennis van sy denke. Daarby is daar geen lektuur oor hom in Afrikaans beskikbaar nie en selfs min in Engels wat die leemte sou kon vul. Hierdie ondersoek wil dus ook in hierdie behoefte ʼn bydrae lewer.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Van Der Walt,Bennie J
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512017000500012
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!