Is die toegepaste taalkunde 'n onderdeel van die linguïstiek?

Die redelik onlangse ontstaan van die toegepaste taalkunde as dissipline verklaar waarom die definisies daarvan soveel stryd ontlok. Daar is 'n veelheid van wyses waarop die veld gekonseptualiseer word. Tans is multi- of inter- en selfs transdissiplinariteit weereens gewilde terme in sulke definisies. Merkwaardig genoeg verbind sommige huidige beskouings die veld eksklusief aan die taalkunde, net soos by die aanvang van die dissipline sowat 60 jaar gelede. Hierdie artikel bespreek 'n reeks onlangse herbesinnings oor die definisies vir die dissipline. Die argument word gevoer dat daar nie konseptuele kontinuïteit tussen die linguistiek en die toegepaste taalkunde bestaan nie. Die filosofiese idee word benut dat dissiplines optimaal gedefinieer kan word - nie met verwysing na konkrete entiteite (soos "taal") nie, maar eerder deur te verwys na die teoreties onderskeibare modaliteite of aspekte. Daardie aspekte funksioneer as konseptuele invalshoeke vir dissiplinêre begripsvorming. Die tersaaklike modaliteite hier is respektiewelik die linguale aspek, wat begripsvorming in die linguistiek omskryf, en die tegniese dimensie van ons ervaring, wat sentraal staan in toegepaste taalkundige begripsvorming. Daar is historiese redes waarom sommige taalkundiges ongemaklik was binne die linguistiek, en verkies het om eerder as "toegepaste" taalkundiges te werk. Sulke ongemak is egter nie voldoende rede om helderheid oor die aard van hul teoreties analitiese arbeid te vermy nie. Dissiplinêre definisies bly belangrik: modernistiese en postmodernistiese idees onderliggend aan die linguistiek en die toegepaste taalkunde hou gevolge vir sulke werk in. Dissiplinêre bewustheid, veral van paradigmaverskille, beskerm akademici teen naïewe opinies of die klakkelose navolg van intellektuele modes.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Weideman,Albert
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512017000100011
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
id oai:scielo:S0041-47512017000100011
record_format ojs
spelling oai:scielo:S0041-475120170001000112017-04-05Is die toegepaste taalkunde 'n onderdeel van die linguïstiek?Weideman,Albert definisie van die toegepaste taalkunde geskiedenis van die toegepaste taalkunde paradigmas grondslae van die toegepaste taalkunde modernisme postmodernisme transformasioneel-generatiewe grammatika Die redelik onlangse ontstaan van die toegepaste taalkunde as dissipline verklaar waarom die definisies daarvan soveel stryd ontlok. Daar is 'n veelheid van wyses waarop die veld gekonseptualiseer word. Tans is multi- of inter- en selfs transdissiplinariteit weereens gewilde terme in sulke definisies. Merkwaardig genoeg verbind sommige huidige beskouings die veld eksklusief aan die taalkunde, net soos by die aanvang van die dissipline sowat 60 jaar gelede. Hierdie artikel bespreek 'n reeks onlangse herbesinnings oor die definisies vir die dissipline. Die argument word gevoer dat daar nie konseptuele kontinuïteit tussen die linguistiek en die toegepaste taalkunde bestaan nie. Die filosofiese idee word benut dat dissiplines optimaal gedefinieer kan word - nie met verwysing na konkrete entiteite (soos "taal") nie, maar eerder deur te verwys na die teoreties onderskeibare modaliteite of aspekte. Daardie aspekte funksioneer as konseptuele invalshoeke vir dissiplinêre begripsvorming. Die tersaaklike modaliteite hier is respektiewelik die linguale aspek, wat begripsvorming in die linguistiek omskryf, en die tegniese dimensie van ons ervaring, wat sentraal staan in toegepaste taalkundige begripsvorming. Daar is historiese redes waarom sommige taalkundiges ongemaklik was binne die linguistiek, en verkies het om eerder as "toegepaste" taalkundiges te werk. Sulke ongemak is egter nie voldoende rede om helderheid oor die aard van hul teoreties analitiese arbeid te vermy nie. Dissiplinêre definisies bly belangrik: modernistiese en postmodernistiese idees onderliggend aan die linguistiek en die toegepaste taalkunde hou gevolge vir sulke werk in. Dissiplinêre bewustheid, veral van paradigmaverskille, beskerm akademici teen naïewe opinies of die klakkelose navolg van intellektuele modes.Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en KunsTydskrif vir Geesteswetenskappe v.57 n.1 20172017-03-01journal articletext/htmlhttp://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512017000100011af
institution SCIELO
collection OJS
country Sudáfrica
countrycode ZA
component Revista
access En linea
databasecode rev-scielo-za
tag revista
region África del Sur
libraryname SciELO
language Afrikaans
format Digital
author Weideman,Albert
spellingShingle Weideman,Albert
Is die toegepaste taalkunde 'n onderdeel van die linguïstiek?
author_facet Weideman,Albert
author_sort Weideman,Albert
title Is die toegepaste taalkunde 'n onderdeel van die linguïstiek?
title_short Is die toegepaste taalkunde 'n onderdeel van die linguïstiek?
title_full Is die toegepaste taalkunde 'n onderdeel van die linguïstiek?
title_fullStr Is die toegepaste taalkunde 'n onderdeel van die linguïstiek?
title_full_unstemmed Is die toegepaste taalkunde 'n onderdeel van die linguïstiek?
title_sort is die toegepaste taalkunde 'n onderdeel van die linguïstiek?
description Die redelik onlangse ontstaan van die toegepaste taalkunde as dissipline verklaar waarom die definisies daarvan soveel stryd ontlok. Daar is 'n veelheid van wyses waarop die veld gekonseptualiseer word. Tans is multi- of inter- en selfs transdissiplinariteit weereens gewilde terme in sulke definisies. Merkwaardig genoeg verbind sommige huidige beskouings die veld eksklusief aan die taalkunde, net soos by die aanvang van die dissipline sowat 60 jaar gelede. Hierdie artikel bespreek 'n reeks onlangse herbesinnings oor die definisies vir die dissipline. Die argument word gevoer dat daar nie konseptuele kontinuïteit tussen die linguistiek en die toegepaste taalkunde bestaan nie. Die filosofiese idee word benut dat dissiplines optimaal gedefinieer kan word - nie met verwysing na konkrete entiteite (soos "taal") nie, maar eerder deur te verwys na die teoreties onderskeibare modaliteite of aspekte. Daardie aspekte funksioneer as konseptuele invalshoeke vir dissiplinêre begripsvorming. Die tersaaklike modaliteite hier is respektiewelik die linguale aspek, wat begripsvorming in die linguistiek omskryf, en die tegniese dimensie van ons ervaring, wat sentraal staan in toegepaste taalkundige begripsvorming. Daar is historiese redes waarom sommige taalkundiges ongemaklik was binne die linguistiek, en verkies het om eerder as "toegepaste" taalkundiges te werk. Sulke ongemak is egter nie voldoende rede om helderheid oor die aard van hul teoreties analitiese arbeid te vermy nie. Dissiplinêre definisies bly belangrik: modernistiese en postmodernistiese idees onderliggend aan die linguistiek en die toegepaste taalkunde hou gevolge vir sulke werk in. Dissiplinêre bewustheid, veral van paradigmaverskille, beskerm akademici teen naïewe opinies of die klakkelose navolg van intellektuele modes.
publisher Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
publishDate 2017
url http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512017000100011
work_keys_str_mv AT weidemanalbert isdietoegepastetaalkundenonderdeelvandielinguistiek
_version_ 1756005116553461760