Wat is die universiteit? Gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteit

In die artikel word uitgegaan van die gedagte dat die toekoms van universitêre Afrikaans toenemend 'n funksie van die Afrikaanse taalgemeenskap self en in die besonder van die sogenaamde gemeenskapsuniversiteit sal wees. Ten diepste fokus die artikel op die vraag na die aard en wese van die gemeenskapsuniversiteit. Ons gaan uit van die standpunt dat die gemeenskapsuniversiteit verstaan moet word teen die agtergrond van die verskille én ooreen-komste daarvan met sowel die moderne Von Humboldt-universiteit as die postmoderne besigheidsuniversiteit. Met sy verbintenis tot Bildung sluit die gemeenskapsuniversiteit by die tradisie van die Von Humboldt-universiteit aan. In die hart van die ideaal van Bildung staan die gedagte dat studente gelei word om insig in die geheel van dinge te verwerf. Maar anders as by die Von Humboldt-universiteit is Bildung binne die konteks van die gemeenskapsuniversiteit nie daarop gefokus om outonome individue binne die konteks van die staatlike orde op te lewer nie. Volgens die gemeenskapsuniversiteit beteken Bildung veel eerder om "burgers" op te voed wat n deelnemende verhouding nie net met die openbare lewe as sodanig nie, maar ook met hulle veelheid van gemeenskappe handhaaf. Soos die postmoderne universiteit word die gemeenskapsuniversiteit "van onder af' moontlik gemaak en deur die werklikhede van die vrye mark bemiddel. Maar anders as die postmoderne besigheidsuniversiteit met sy fokus op die globale markte, gee die gemeenskapsuniversiteit nie sy verbintenis tot plaaslike gemeenskappe, kulture en ekonomieë prys nie. Nog belangriker, anders as die postmoderne universiteit, wat daartoe neig om die universitêre werklikheid uit ekonomiese oorwegings te fragmenteer (nie net tussen die veelheid dissiplines nie, maar ook binne dissiplines self), is die gemeenskaps-universiteit met sy verbintenis tot die moderne universitêre ideaal van Bildung daarop bedag om steeds 'n sin vir die geheel te kultiveer en oor te dra. Kortom, terwyl globale universiteite ingevolge hul naam veronderstel is om 'n blik op die geheel te bied, fragmenteer hulle ons wêreld. Die teenoorgestelde is waar van gemeenskapsuniversiteite. Terwyl hulle in ooreenstemming met hul naam aan die plaaslike vassit, is hulle ironies genoeg forums waarop n lewensbeskoulike blik op die geheel hoegenaamd moontlik is.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Goosen,Danie
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2016
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000500007
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
id oai:scielo:S0041-47512016000500007
record_format ojs
spelling oai:scielo:S0041-475120160005000072017-01-13Wat is die universiteit? Gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteitGoosen,Danie Gemeenskapsuniversiteit die Von Humboldt-universiteit Bildung geheel postmoderne universiteit neoliberalisme fragmentasie Margaret Thatcher tussenliggende instellings Bildung In die artikel word uitgegaan van die gedagte dat die toekoms van universitêre Afrikaans toenemend 'n funksie van die Afrikaanse taalgemeenskap self en in die besonder van die sogenaamde gemeenskapsuniversiteit sal wees. Ten diepste fokus die artikel op die vraag na die aard en wese van die gemeenskapsuniversiteit. Ons gaan uit van die standpunt dat die gemeenskapsuniversiteit verstaan moet word teen die agtergrond van die verskille én ooreen-komste daarvan met sowel die moderne Von Humboldt-universiteit as die postmoderne besigheidsuniversiteit. Met sy verbintenis tot Bildung sluit die gemeenskapsuniversiteit by die tradisie van die Von Humboldt-universiteit aan. In die hart van die ideaal van Bildung staan die gedagte dat studente gelei word om insig in die geheel van dinge te verwerf. Maar anders as by die Von Humboldt-universiteit is Bildung binne die konteks van die gemeenskapsuniversiteit nie daarop gefokus om outonome individue binne die konteks van die staatlike orde op te lewer nie. Volgens die gemeenskapsuniversiteit beteken Bildung veel eerder om "burgers" op te voed wat n deelnemende verhouding nie net met die openbare lewe as sodanig nie, maar ook met hulle veelheid van gemeenskappe handhaaf. Soos die postmoderne universiteit word die gemeenskapsuniversiteit "van onder af' moontlik gemaak en deur die werklikhede van die vrye mark bemiddel. Maar anders as die postmoderne besigheidsuniversiteit met sy fokus op die globale markte, gee die gemeenskapsuniversiteit nie sy verbintenis tot plaaslike gemeenskappe, kulture en ekonomieë prys nie. Nog belangriker, anders as die postmoderne universiteit, wat daartoe neig om die universitêre werklikheid uit ekonomiese oorwegings te fragmenteer (nie net tussen die veelheid dissiplines nie, maar ook binne dissiplines self), is die gemeenskaps-universiteit met sy verbintenis tot die moderne universitêre ideaal van Bildung daarop bedag om steeds 'n sin vir die geheel te kultiveer en oor te dra. Kortom, terwyl globale universiteite ingevolge hul naam veronderstel is om 'n blik op die geheel te bied, fragmenteer hulle ons wêreld. Die teenoorgestelde is waar van gemeenskapsuniversiteite. Terwyl hulle in ooreenstemming met hul naam aan die plaaslike vassit, is hulle ironies genoeg forums waarop n lewensbeskoulike blik op die geheel hoegenaamd moontlik is.Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en KunsTydskrif vir Geesteswetenskappe v.56 n.4-1 20162016-12-01journal articletext/htmlhttp://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000500007af
institution SCIELO
collection OJS
country Sudáfrica
countrycode ZA
component Revista
access En linea
databasecode rev-scielo-za
tag revista
region África del Sur
libraryname SciELO
language Afrikaans
format Digital
author Goosen,Danie
spellingShingle Goosen,Danie
Wat is die universiteit? Gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteit
author_facet Goosen,Danie
author_sort Goosen,Danie
title Wat is die universiteit? Gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteit
title_short Wat is die universiteit? Gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteit
title_full Wat is die universiteit? Gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteit
title_fullStr Wat is die universiteit? Gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteit
title_full_unstemmed Wat is die universiteit? Gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteit
title_sort wat is die universiteit? gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteit
description In die artikel word uitgegaan van die gedagte dat die toekoms van universitêre Afrikaans toenemend 'n funksie van die Afrikaanse taalgemeenskap self en in die besonder van die sogenaamde gemeenskapsuniversiteit sal wees. Ten diepste fokus die artikel op die vraag na die aard en wese van die gemeenskapsuniversiteit. Ons gaan uit van die standpunt dat die gemeenskapsuniversiteit verstaan moet word teen die agtergrond van die verskille én ooreen-komste daarvan met sowel die moderne Von Humboldt-universiteit as die postmoderne besigheidsuniversiteit. Met sy verbintenis tot Bildung sluit die gemeenskapsuniversiteit by die tradisie van die Von Humboldt-universiteit aan. In die hart van die ideaal van Bildung staan die gedagte dat studente gelei word om insig in die geheel van dinge te verwerf. Maar anders as by die Von Humboldt-universiteit is Bildung binne die konteks van die gemeenskapsuniversiteit nie daarop gefokus om outonome individue binne die konteks van die staatlike orde op te lewer nie. Volgens die gemeenskapsuniversiteit beteken Bildung veel eerder om "burgers" op te voed wat n deelnemende verhouding nie net met die openbare lewe as sodanig nie, maar ook met hulle veelheid van gemeenskappe handhaaf. Soos die postmoderne universiteit word die gemeenskapsuniversiteit "van onder af' moontlik gemaak en deur die werklikhede van die vrye mark bemiddel. Maar anders as die postmoderne besigheidsuniversiteit met sy fokus op die globale markte, gee die gemeenskapsuniversiteit nie sy verbintenis tot plaaslike gemeenskappe, kulture en ekonomieë prys nie. Nog belangriker, anders as die postmoderne universiteit, wat daartoe neig om die universitêre werklikheid uit ekonomiese oorwegings te fragmenteer (nie net tussen die veelheid dissiplines nie, maar ook binne dissiplines self), is die gemeenskaps-universiteit met sy verbintenis tot die moderne universitêre ideaal van Bildung daarop bedag om steeds 'n sin vir die geheel te kultiveer en oor te dra. Kortom, terwyl globale universiteite ingevolge hul naam veronderstel is om 'n blik op die geheel te bied, fragmenteer hulle ons wêreld. Die teenoorgestelde is waar van gemeenskapsuniversiteite. Terwyl hulle in ooreenstemming met hul naam aan die plaaslike vassit, is hulle ironies genoeg forums waarop n lewensbeskoulike blik op die geheel hoegenaamd moontlik is.
publisher Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
publishDate 2016
url http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000500007
work_keys_str_mv AT goosendanie watisdieuniversiteitgedagtesoordiegemeenskapsuniversiteit
_version_ 1756005112163074048