Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare

Die studie stel ondersoek in na die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie te midde van 'n fel Nederlands-Afrikaans-stryd in die wordingsjare van die Afrikaanse leksikografie. Daar word eerstens gefokus op die aanvang van die Afrikaanse leksikografie aan die Universiteit Stellenbosch deur die publikasie van Mansvelt se Idioticon. Vervolgens word 'n oorsig gegee oor die spellingstryd tussen die voorstanders van Nederlands, met W.J. Viljoen aan die stuur, en die voorstanders van Afrikaans, onder leiding van J.J. Smith, beide dosente aan die Universiteit Stellenbosch, wat geheers het in die tydperk waarin hierdie universiteit hom as 'n Afrikaanse universiteit onderskei het. Ten slotte word gedui op die voortgesette Nederlands-Afrikaans-stryd soos wat dit in die daaropvolgende jare in die woordeboek vir spesiale doeleindes, die Afrikaanse woordelys en spelreëls, tot uitdrukking gebring is en die blywende invloed wat die stryd op die Afrikaanse spelling gehad het.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Odendaal,Gerda
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2016
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000100016
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!