"Koos sê...": 'n Kritiese diskoersanalise van die metakapitaal van 'n invloedryke Suid-Afrikaanse mediamagnaat

Hierdie artikel onderneem 'n kritiese diskoersanalise van die openbare uitsprake van die Afrikaanse mediamagnaat Koos Bekker van Naspers-faam, sodat die diskursiewe magsverhoudings waarbinne hy hom bevind duideliker omskryf kan word. Behalwe dat Bekker baie media-blootstelling gekry het, het hy die afgelope dekade of meer ook verskeie meningsartikels tot die koerante van Naspers bygedra, en die argument is dat hy as 'n invloedryke meningsvormer (die draer van "meta-kapitaal" in n Bourdieuaanse sin) in die samelewing funksioneer. In dié verband verwys die artikel na die diskoersteorie van Foucault en Bourdieu se vergelykbare teorieë oor die verband tussen taalgebruik en magsuitoefening. Daaruit vloei die metodiek van kritiese diskoersanalise, wat na aanleiding van die werk van Fairclough en Van Dijk hier op drie vlakke - teks, konteks van produksie, en samelewingskonteks - geskied. Die bevinding van die artikel is onder meer dat Bekker se komplekse posisionering ten opsigte van Afrikaans en Afrikaners gekenmerk word deur 'n identifisering met wit en bruin Afrikaanse jeugdiges, maar dat hy minder begrip vertoon vir die ouer geslag wit Afrikaners. Bekker beklemtoon ook gereeld die positiewe aspekte van kulturele inklusiwiteit en diversiteit, en is oor die algemeen optimisties, maar by tye ook skerp krities oor die "nuwe" Suid-Afrika. Sy skryfstyl, keuse van onderwerpe en publikasieplatforms getuig van strategiese berekendheid.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Botma,Gabriël J.
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2016
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000100010
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!