'n Studenteterugvoer-perspektief op "top-"uni-versiteitsdosente se onderrig

Die gehalte van onderrig aan hoëronderwysinstellings word deur 'n velerlei faktore beïnvloed. Dit sluit die kenmerke van dosente en studente, die institusionele kultuur, dissiplinêre en klaskontekste en individuele benaderings tot onderrig en leer in. Dit is dus nie ongewoon dat onderwysnavorsers dikwels uitwys hoe die gehalte van onderrig verband hou met die eienskappe en optrede van uitstekende dosente en hul studente se beoordeling daarvan nie. Hierbenewens word studenteterugvoer oor onderrig as een van die aanwysers van onderriggehalte wyd aanvaar as 'n geldige wyse om elemente van effektiewe onderrig te beoordeel. Studente is aan die ontvangkant van dosente se onderrig en derhalwe sou dit irrasioneel en onverantwoordelik wees om hul menings te negeer. Hierdie artikel handel oor 'n analise van studenteterugvoer aan 'n universiteit waar goeie onderrig dikwels onderwaardeer en soms misken word. Terugvoer oor die drie dosente wat, volgens hul studente, die beste gevaar het in elk van nege fakulteite is ontleed en kenmerke wat gehalte in die onderrig van hierdie topdosente aandui, is uit die terugvoer afgelei. Vanuit die analise was dit moontlik om generiese faktore oor onderriggehalte aan te dui, wat vir leiers en bestuurders in hoër onderwys, praktiserende dosente, studente, professionele onderigontwikkelaars en selfs ouers van studente van belang mag wees. Die ondersoek toon egter ook dat daar kontekstuele veranderlikes binne fakulteite en dissiplines is wat nie veralgemeenbaar is nie en unieke vorme van onderriggehalte verteenwoordig.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: de Jager,Eloise, Bitzer,Eli
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2013
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512013000400012
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!