Geskiedenis, grondstudies en grondeisenavorsing - 'n oop gesprek

Hierdie oop gesprek oor die hantering en verstaan van grondeise in die grondhervormings-geskiedenis van Suid-Afrika het nie ten doel om al hierdie gebeure en prosesse van die afgelope byna 20 jaar nougeset neer te pen nie. Teen die kontekstuele agtergrond daarvan word wel besin oor die mate waartoe Geskiedenis as 'n dissipline betekenisvol kan wees of behoort te wees in die uiteindelike besluitneming oor eise ten opsigte van grond. Omvattende navorsing hieroor is egter nog nodig. In hierdie bespreking is die benutting van die geskiedenis binne die dissipline Geskiedenis in die onderneming van grondeisenavorsing die kernsaak. Geskiedenis as 'n bewys-materiaalverskaffer met vele perspektiewe word toegelig deur kortliks na die onafgehandelde grondeis op die plaas Deelkraal IQ142 as 'n voorbeeld te verwys. Opsommenderwys sal ook aangetoon word dat die waarde van Geskiedenis in grondeisenavorsing nie noodwendig in finale besluitnemings oor grondeise geag word nie. Dit wil dus voorkom asof persepsies oor die verlede (soms verweef in mag en konflik), 'n geneigdheid kan hê om enige moontlikheid van waarheid of realiteit te oorskadu. Op sigself dui dit weer op fasette van mag en politiek, wat vorige soortgelyke siklusse bloot herhaal.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: van Eeden,ES
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2012
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512012000400003
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!