Grond as ruimte van politieke stryd in Suid-Afrika

Grond en die sogenaamde "grondvraagstuk" is 'n welbekende tema in die Suid-Afrikaanse politieke diskoers. Heelwat is reeds hieroor geskryf in die hedendaagse tydsgewrig, maar ook in die historiese verloop van die Suid-Afrikaanse politiek. Hierdie artikel artikuleer gedagtes rondom die betekenis van grond as politieke stryd (en ook binne die konteks van 'n bepaalde begrip van politiek) in Suid-Afrika, maar plaas dit ook teen 'n wyer internasionale doek. Moontlik kan so 'n benadering bydra om die saak te kontekstualiseer en te ontdaan van die emosionele bagasie wat dikwels daarmee gepaardgaan. Die benadering van die artikel is dat grond as politieke stryd hanteer word, waarna aandag geskenk word aan hoe politieke akteurs hulself posisioneer binne hierdie stryd. Daar word ook kortliks verwys na ander faktore wat 'n rol speel in hierdie politieke stryd. Die artikel sluit af met 'n gevolgtrekking ten opsigte van die grondvraagstuk, wanneer dit vanuit die perspektief van politieke stryd, soos in hierdie artikel omskryf, beskou word en die moontlike uitkoms van die grondvraagstuk oorweeg word.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Heydenrych,P W
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2012
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512012000400002
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!