Laat-adolessente se belewenis van selfhandhawing in die werkomgewing

Die fokus van hierdie navorsing is op die belewenis van laat-adolessente ten opsigte van selfhandhawing in verhoudings in die werkomgewing. Die navorsers het opgelet dat laatadolessente by 'n spesifieke tegniese opleidingskollege se sosiale vaardighede, en veral hul selfhandhawing tussen volwassenes, gegewe hul ouderdom, ongepas voorkom. Die emansipasieproses van laat-adolessente wek dikwels gemengde gevoelens omdat hulle na volwassewording uitsien, maar dit terselfdertyd vrees. 'n Postmoderne konstruktivistiese navorsingsparadigma is in hierdie navorsing gebruik. 'n Kwalitatiewe, verkennende, beskrywende en kontekstuele navorsingsontwerp is gevolg. Die doel van die navorsing was om laat-adolessente se belewenisse met betrekking tot hul eie self- handhawing teenoor hul meerderes, gelykes en ondergeskiktes in die werkomgewing te verken en te beskryf. Semi-gestruktureerde onderhoude is met die deelnemers gevoer aan die hand van drie scenario's. Daar is gevind dat die laat-adolessente voel hulle word blootgestel in hul werksituasies. As gevolg hiervan beleef hulle ontreddering en vind hulle dit moeilik om hul behoeftes in die werkomgewing te kan kommunikeer. Hulle beleef dat hulle geblameer word en versamel vroegtydig bewyse om hul eie onskuld te kan bewys. Hulle beleef dat hulle maklik deur hul toesighouers geïntimideer word. Gevolglik is hulle geneig om aggressiewe taal en gedrag te gebruik om hulself te verdedig. Hulle gebruik hanteringsmeganismes, wat met fisiese en psigologiese distansiëring van die probleem gepaardgaan, om beheer oor 'n situasie te kry. Wanneer hulle beleef dat hulle bedreig word, oorweeg hulle ook bedanking as 'n alternatief en wil 'n ander werk soek. Riglyne vir die fasilitering van selfhandhawende gedrag by laatadolessente is geformuleer.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Minnaar,Philip, Myburgh,Chris, Poggenpoel,Marie
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2012
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512012000300007
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!