Johannes Calvyn (1509-1564) se mensbeskouing: 'n Christelik-filosofiese waardering

Hierdie studie word aangebied ter herdenking van die geboorte van die hervormer, Johannes Calvyn, 500 jaar gelede (1509). Dit handel oor 'n belangrike aspek van sy denke, naamlik sy mensbeskouing volgens die finale uitgawe van sy Institusie (1559). Ter inleiding word iets vermeld van die voortgesette belangstelling in en relevansie van hierdie denker - ook in Suid-Afrika; 'n meer gebalanseerde evaluering van sy denke word voorgestel; die metode wat daarby gevolg word, word verduidelik. Daarna word die volgende fasette van Calvyn se antropologie bespreek: (1) die religieuse karakter van menswees; (2) sy onderskeid tussen siel en liggaam; (3) sy standpunt oor die onsterflikheid van die siel; (4) sy visie op die mens as beeld van God; (5) sy onderskeid tussen natuurlike en bonatuurlike gawes. Die slotgedeelte bevat 'n opsommende evaluering asook 'n les vir vandag.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: van der Walt,BJ
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2009
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512009000300004
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!