Is die akademiese werksbedeling steeds volhoubaar?

Literatuur dui daarop dat die akademiese werksbedeling en, by implikasie, akademici onder geweldige druk verkeer en dat hierdie toedrag van sake waarskynlik moeilik volhoubaar gaan wees vanweë talle eksterne sowel as interne invloede en veranderinge binne en buite hoër onderwys. Hierdie veranderinge dra daartoe by dat die akademiese werksbedeling tans as een van die mees stresbelaaide beroepe beskou word, wat terselfdertyd ook die werkstevredenheid van akademici dienooreenkomstig gaan beïnvloed. Daar is aanduidings in die literatuur dat dit heel waarskynlik in die toekoms gaan toeneem en dat die werksbedeling toenemend veeleisend gaan word, te midde van 'n reeds komplekse taak. Die gevolg hiervan lei tot 'n verskeidenheid negatiewe uitkomste vir die akademiese professie, akademici, hoëronderwysinstellings, hoër onderwys in die algemeen, asook al die ander rolspelers wat direk by hoër onderwys baat.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Pienaar,Cobus
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2009
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512009000200005
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!