Moraliteit as deel van Afrikanerwaardes

Wat is moraliteit? Die Verklarende Handwoordeboekvan die Afrikaanse Taal beskryf dit as: "Wat betrekking het op die gevoel vir wat goed en reg is: sedelik." Sedelik word weer verder gedefinieer as: "Ooreenkomstig die goeie sedes: deugsaam." Vanuit verskeie geesteswetenskaplike artikels blyk dit dat die sosiale groep se moraliteit by tye deur óf God, óf die kerk, óf die staat, óf die stam óf anders deur al vier hierdie partye gesamentlik bepaal word. Skynbaar bepaal die sekulêre samelewing met sy post-modernistiese perspektiewe deesdae se samelewings se moraliteit. Verskillende sosiale groepe het met ander woorde om verskillende redes verskillende waarde-oordele op verskillende tye. Die postapartheid Suid-Afrika met sy liberale grondwet en groter toeganklikheid tot die globale wêreld² help ongetwyfeld dat die hedendaagse Afrikaner meer vrydenkend raak ten opsigte van moraliteit en waarde-oordele. Jong Afrikaners begin toenemend tuis voel in die geglobaliseerde samelewing waar die postmodernistiese lewens- en wêreldbeskouings aan die orde van die dag is. Daar kan dus tereg vermeld word dat die blanke Afrikaner inderdaad besig is om sy eng konserwatiewe Christelike waardes en norme te ontgroei. Die vraag wat in hierdie artikel onder andere gevra word, is: In welke mate het ons Afrikaners se morele waardes sedert 1994, met die aanbreek van die post-apartheid era, verander?

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: van der Merwe,J.P
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2009
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512009000200004
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!