Is die sorg om lewenskwaliteit die moeite werd?

In hierdie artikel word die sorg om lewenskwaliteit aan 'n kritiese analise onderwerp. Aandag word geskenk aan hoe hierdie sorg opduik in bio-etiese diskussies soos die Terry Schiavo-geval. Aandag word geskenk aan die wyse waarop die begrip "quality adapted life years" (QALY's) inhoud gee aan die begrip lewenskwaliteit, en aan hoe dit gebruik word om besluite oor toegang tot, byvoorbeeld, intensiewe eenhede te fasiliteer. David Benatar se argument dat om te lewe, is om skade op te doen, en dat dit daarom beter is vir alle lewe om te verdwyn, word aan 'n kritiese analise onderwerp. Uiteindelik kom die skrywer tot die gevolgtrekking dat, vanweë die vervlietende en onstabiele betekenisse wat mense geneig is om aan die begrip "lewenskwaliteit" te heg, dit futiel is om deurslaggewende inhoud aan dié begrip te probeer gee. Dit is van veel meer waarde om ons sorge te maak oor die begrip "lewensin" as "lewenskwaliteit". Dit word aangetoon dat die lewens van mense waaroor daar weinig twyfel is dat hule lewens veel sin gehad het, in die meeste gevalle min lewenskwaliteit gehad het. 'n Argument word gekonstrueer wat aantoon dat 'n sinvolle lewe 'n lewe is wat juis min gesteur is oor kwaliteit en wat in hoofsaak bestaan uit die beskikbaarstelling van sigself aan die belange van ander.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: van Niekerk,Anton A.
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2008
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512008000300005
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!