Die ANC/SAKP in Angola: 'n Gevallestudie rakende interne demokrasie

Die ANC/Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het altyd beweer dat die doel van hulle gewapende stryd, vryheid en demokrasie was. Een manier om dit te toets is om te kyk na die alliansie se praktiese toepassing van interne demokrasie in die jare van ballingskap. Met dié doel voor oë word in hierdie artikel ondersoek ingestel na die situasie in MK se kampe in Angola, die twee gewapende opstande in 1984, en die strafkamp Quatro. Twee paradigmas om die situasie te verklaar, word ontleed. Die een is die standpunt van die ANC dat die probleme die gevolg was van die apartheidsregering se spioenasie, en dié van die dissidente dat hulle eenvoudig 'ndemokratiese kultuur van verantwoordbaarheid wou hê. Die eindgevolgtrekking is dat ofskoon daar waarheid in die ANC se verklaring steek, dit 'nfeit is dat die alliansie se interne demokrasie veel te wense oorgelaat het.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Scholtz,Leopold, Scholtz,Ingrid
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Historical Association of South Africa 2009
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2009000100012
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!