Vrouepredikante in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika: 'n Opdraande stryd

Meer as 30 jaar nadat die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika die predikantsamp vir vroue oopgestel het, lyk dit of daar steeds 'n stryd gevoer word ten opsigte van gelykheid tussen die geslagte in die predikantsberoep. Statistieke wys dat die getal vroueteoloë steeds baie klein is en dat daar min vroue is wat voltyds in die bediening staan. Vroueteoloë is om hulle menings gevra in 'n poging om die stilte oor die onderwerp te verbreek. Diskriminasie, tradisie en aannames speel steeds 'n bepalende rol in vroueteoloë se werksomgewing. Vroue werk harder en vir minder geld as hulle manlike kollegas. 'n Paradigmaskuif is noodsaaklik sodat gelowiges bemagtig word om die evangelie ongehinderd aan 'n verlore en snel veranderende wêreld te bring.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Oliver,Erna
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: The Church History Society of Southern Africa 2008
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S1017-04992008000300005
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!