Martin Luther en Johannes Calvyn oor die Christelike vryheid
Vryheid is naas regverdiging een van die belangrikste temas van die Reformatoriese teologie. Luther se geskrif 'Oor die vryheid van 'n Christenmens' (1520) is een van sy hoofgeskrifte. In hierdie geskrif beskryf hy die vryheid van die innerlike en die uiterlike mens. Die innerlike mens is vry en niemand se onderdaan nie. Die uiterlike mens is weer elke ander mens se onderdaan en dienskneg. Die Christen dien sy medemens deur die liefde. Luther se verstaan van naasteliefde word vanuit ander geskrifte toegelig. Johannes Calvyn se verstaan van vryheid volgens sy 'Institusie' van 1559 word ook bespreek. Daar word op die groot ooreenstemming tussen Luther en Calvyn gewys. Die verskille tussen die twee Reformatore is minimaal. Calvyn het egter wel groter aandag aan die adiafora-vraagstuk gegee. Daar word ook deurgaans na Philipp Melanchthon se invloed op Calvyn gewys. Die relevansie van die vryheidsvraagstuk lê nie in die instrumentalisering van die Christelike vryheid nie, maar in die hernude bestudering van die klassieke tekste met die bedoeling om die belangrike reformatoriese motiewe te herontdek. Hierdie motiewe is relevant - ook in ons samelewing.
Main Author: | van Wyk,Ignatius W.C. (Natie) |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
University of Pretoria
2017
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0259-94222017000500003 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Similar Items
-
Martin Luther oor oneerlikheid in die ekonomie
by: van Wyk,I.W.C. (Natie)
Published: (2015) -
Martin Luther se veelkantige verhouding tot die filosofie
by: van Wyk,Ignatius W.C. (Natie)
Published: (2018) -
Ander weë tot God? Calvyn oor nie-Christelike godsdienste
by: Potgieter,P.C.
Published: (2008) -
Die lewe en werk van Martin Luther (1483-1546): ʼn Leksikografiese bydrae tot Reformasie 500
by: van Wyk,Ignatius W.C. (Natie)
Published: (2017) -
Johannes Calvyn (1509-1564) se mensbeskouing: 'n Christelik-filosofiese waardering
by: van der Walt,BJ
Published: (2009)