'n Kritiese evaluering van die bydrae van (prof.) WS Prinsloo tot die wetenskap van die Ou Testament

Vanjaar sal dit 25 jaar wees sedert die ontydige dood van prof. WS Prinsloo. Dit sou dus die moeite loon om ná 25 jaar bestek op te neem van sy bydrae tot die wetenskap van die Ou Testament en die vraag te vra na sy nalatenskap en hoe dit geëvalueer moet word. Metodologies gesproke gee die artikel 'n kort oorsig oor die lewe van Prinsloo. Vervolgens word hy geplaas binne die historiese konteks van die stand van die Ou Testamentiese wetenskap. Prinsloo gee in sy navorsing veral aandag aan die psalms en gevolglik word veral gefokus op die kenmerke van sy ondersoek na die psalms. Drie monografieë wat sy eksegese van 'n aantal psalms weergee en sy publikasies wat handel oor die metodiek van eksegese word gebruik as verwysingsraamwerk vir die beoordeling van sy werk. Laastens word daar tot enkele gevolgtrekkings gekom.

Na minha lista:
Detalhes bibliográficos
Autor principal: Snyman,SD (Fanie)
Formato: Digital revista
Idioma:Afrikaans
Publicado em: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022
Acesso em linha:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512022000400013
Tags: Adicionar Tag
Sem tags, seja o primeiro a adicionar uma tag!