Opbrengste, politieke ontwikkelings en ekono-miese kragte: 'n Historiese perspektief op die Johannesburgse aandelebeurs (JSE), 2000-2010

Om tot ekonomiese groei en ontwikkeling by te dra, moet 'n aandelemark, as 'n toonaange-wende ekonomiese aanwyser, die makroekonomiese grondbeginsels van 'n land weerspieel. Die weerspieeling van politieke en ekonomiese ontwikkelings in opbrengste van genoteerde maatskappye dui op die risikoprofiel van maatskappye en die aandelebeurs. Die doel van hierdie artikel is om 'n historiese perspektief te verskaf oor die wyse waarop politieke en ekonomiese ontwikkelings gedurende die tydperk 2000-2010 in die opbrengste van die Johannesburgse aandelebeurs (die JSE Bpk.) weerspieël word. Die geskiedenis van die JSE gedurende hierdie tydperk kan in drie fases verdeel word: die fase voor die globale finansiële krisis (GFK), die GFK-fase, en die post-GFK-fase. In die studie is tot die gevolgtrekking gekom dat die JSE makroëkonomiese toestande, politieke veranderinge en wêreldgebeure gedurende die tydperk 2000-2010 weerspieël het. Die JSE het positief gereageer op hoër kommoditeitspryse en op 'n verbetering in ekonomiese en politieke vooruitsigte, maar het ook sy toenemende kwesbaarheid getoon vir aansteeklike internasionale gebeure en finansiële krisisse, soos die GFK en toe die dotcom-borrel gebars het.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: de Beer,Jesse, Keyser,Nico, van der Merwe,Ivan
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512022000300002
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:Om tot ekonomiese groei en ontwikkeling by te dra, moet 'n aandelemark, as 'n toonaange-wende ekonomiese aanwyser, die makroekonomiese grondbeginsels van 'n land weerspieel. Die weerspieeling van politieke en ekonomiese ontwikkelings in opbrengste van genoteerde maatskappye dui op die risikoprofiel van maatskappye en die aandelebeurs. Die doel van hierdie artikel is om 'n historiese perspektief te verskaf oor die wyse waarop politieke en ekonomiese ontwikkelings gedurende die tydperk 2000-2010 in die opbrengste van die Johannesburgse aandelebeurs (die JSE Bpk.) weerspieël word. Die geskiedenis van die JSE gedurende hierdie tydperk kan in drie fases verdeel word: die fase voor die globale finansiële krisis (GFK), die GFK-fase, en die post-GFK-fase. In die studie is tot die gevolgtrekking gekom dat die JSE makroëkonomiese toestande, politieke veranderinge en wêreldgebeure gedurende die tydperk 2000-2010 weerspieël het. Die JSE het positief gereageer op hoër kommoditeitspryse en op 'n verbetering in ekonomiese en politieke vooruitsigte, maar het ook sy toenemende kwesbaarheid getoon vir aansteeklike internasionale gebeure en finansiële krisisse, soos die GFK en toe die dotcom-borrel gebars het.