Die eerste 40 jaar van Orania
Orania verteenwoordig 'n unieke verskynsel in Suid-Afrika, en een waaroor daar reeds baie gepubliseer is. Daar is egter nog nie 'n doelgerigte poging aangewend om die geskiedenis van dié dorp op te teken nie. In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die dorp se ontstaan en ontwikkeling vanaf die sestigerjare tot op hede. Die studie ondersoek die ontstaan van die idee, sowel as die ontstaan van die dorp tydens die Waterwese-tydperk, en dek ook die pioniersjare (1991-2000). Daar word verder aangetoon hoe hierdie dorp van 'n idee en 'n klein dorp gegroei het tot bykans 2 000 inwoners. Inisiatiewe soos die plaaslike geldeenheid, die Ora, die ontwikkeling van die gemeenskapsbank, die Orania Spaar- en Krediet Koöperatief (OSK), die (her)vestiging van standbeelde en monumente, die oprigting van tersiêre onderrigsentrums, besighede en toerismebedrywighede word bespreek. Uitdagings en suksesse word ook aangeraak, sowel as die volgehoue media-aandag wat dié dorp ontvang.
Main Author: | Senekal,Burgert |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2021
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512021000200008 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Similar Items
-
Ná honderd jaar: Die Afrikaans van die eerste taalkommissie
by: Van Rensburg,Christo
Published: (2017) -
Hervormde voetspore op die Tukkie-kampus: 'n Kroniek van die eerste 50 jaar
by: Ungerer,André G.
Published: (2017) -
Oor die eerste 50 jaar se maak aan Standaardafrikaans
by: Van Rensburg,Christo
Published: (2015) -
Oor monnemente gepraat - Afrikaans se eerste neëntig jaar
by: Kotzé,Ernst
Published: (2016) -
Die hedendaagse Afrikaanse poësiesisteem: Op soek na die mees verteenwoordigende wiskundige model van die rolspelerverhoudings daarbinne
by: Senekal,Bürgert
Published: (2017)