Die Byderhand-Pionierprojek: 'n Gevallestudie van die deelnemende dinamika in die skep en toeganklikmaking van lokatiewe literatuur vir persone met siggestremdheid

Die artikel bied, deur 'n bespreking van die Byderhand-Pionierprojek as gevallestudie, 'n blik op die praktiese implementering van deelnemende en skeppende interdissiplinêre projekte in die Digitale Humaniora. Die Byderhand-Pionierprojek, wat lokatiewe literatuurinstallasies in Worcester in die Wes-Kaap behels, is uniek in dié opsig dat die multimodale literatuurinstallasies vir persone met siggestremdheid toeganklik is en dat persone met siggestremdheid 'n integrale rol in die totstandkoming van die projek gespeel het. Die artikel fokus op die kontekstualisering van die gevergde deelnemende benadering; op die projekkonseptualisering en -raamwerk; op die deelnemende dinamika wat die totstandkoming van die multisensoriese tuin, die skep van die digitale literatuur daarby betrokke, en die toeganklikmaking van sodanige inhoud moontlik gemaak het (koppelvlakontwerp); en op nabetragting oor en gevolgtrekkings aangaande die projekbenadering. Deelname aan die projek het die projekspan bewus gemaak van die behoeftes van persone met siggestremdheid en van die noodsaak van groter inklusiwiteit en toeganklikheid van kultuurprodukte - in die besonder soos dit ten opsigte van koppelvlakontwerp en digitale aanbieding van literatuur tot uitdrukking kom.

Enregistré dans:
Détails bibliographiques
Auteurs principaux: Greyling,Franci, Verhoef,Suna, Tempelhoff,Gustaf
Format: Digital revista
Langue:Afrikaans
Publié: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2020
Accès en ligne:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512020000500014
Tags: Ajouter un tag
Pas de tags, Soyez le premier à ajouter un tag!