Vroulike inwoners van myndorpe: ʼn Gevallestudie uit Emalahleni
Suid-Afrikaanse vroue kry toenemend erkenning en word meer gereeld aangestel in prominente openbare posisies. Nogtans kan sekere groepe vroue steeds as kwesbaar beskou word. Australiese literatuur fokus gereeld op die rol van vroue in myndorpe. Suid-Afrikaanse literatuur oor die onderwerp is dun gesaai. Hierdie artikel poog om die leemte in die literatuur te vul deur te fokus op data uit drie verskillende soorte onderhoude wat in 2017 in Emalahleni gevoer is. Dit blyk dat vroulike inwoners van dié myndorp wel as kwesbaar beskryf kan word. Eerstens op ekonomiese gebied, waar hul werkloosheidskoers baie hoër en hul arbeidsmagdeelnamekoers baie laer is as dié van hul manlike eweknieë. Tweedens is hulle baie minder tevrede met hul lewenskwaliteit. Vroue wat aan die hoof van hul huishoudings staan, is baie meer bewus van huishoudelike geweld en gesondheidsprobleme weens besoedeling, en toon baie minder vertroue in hul mede-inwoners.
Main Author: | Pretorius,Anmar |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2019
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512019000400015 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Similar Items
-
Kwesbare groepe in die informele ekonomie: ʼn Gevallestudie van motorwagte in Johannesburg se Wesrand
by: Pretorius,Marinda, et al.
Published: (2019) -
Die verband tussen werksbevrediging en die leierskapstyl van bestuurders: 'n Gevallestudie uit die banksektor
by: Booyse,Cornelius, et al.
Published: (2016) -
Die ervaring van aktiewe betrokkenheid by ʼn aanlyn Facebook-ondersteuningsgroep as ʼn vorm van ondersteuning vir individue wat met Meervoudige Sklerose gediagnoseer is
by: Pretorius,Chrisma
Published: (2016) -
Max-Neef en die strukturele kwesbaarheid van dagloners in Mbombela en Emalahleni, Suid-Afrika
by: Schenck,Rinie, et al.
Published: (2020) -
'n Filosofiese besinning oor die vroulike en vroulikheid van die godheid
by: Du Toit,Louise
Published: (2008)