Storievertelling as onderrigstrategie ter verstersking van identiteitsontwikkeling by agtergeblewe individue

In Suid-Afrika gaan heelwat mense gebuk onder 'n negatiewe identiteit as gevolg van armoede en die maatskaplike uitvloeisels daarvan (Bakker & Műller 2010:49-50; De Vries 2017). Die probleemvraag wat in hierdie studie ondersoek is, was: Hoe kan storievertelling as strategie ter versterking van identiteitsontwikkeling aangewend word? 'n Kwalitatiewe navorsingsmetodologie is gevolg deur gebruik te maak van Deelnemende Aksieleer en -navorsing (PALAR: Participatory Action Learning and Action Research) as navorsingstrategie. Die lewensverhale van die deelnemers is ingesamel volgens hierdie metodologie aan die hand van onderhoudvoering, Photovoice-aktiwiteite, joernaalinskrywings asook die navorser se waarnemings wat deur middel van veldnotas opgeteken is. Die ingesamelde data is geanaliseer deur gebruik te maak van die sagtewareprogram ATLAS.tiTM.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: van der Vyver,Corné, Nel,Carisma, Vos,Elize, van Oort,Ronél
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2019
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512019000200005
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!