Die staat, diversiteit en die media: Enkele opmerkings oor die situasie in Suid-Afrika

Hierdie artikel fokus op die rol van die media in state wat gekenmerk word deur kulturele diversiteit soos wat die geval in die meeste Afrika-lande en ook in Suid-Afrika is. Teorieë oor die kenmerke en rol van die media in die primordiale staat, die siviele eenheidstaat en die multikulturele staat word bespreek. Daar word in die besonder gekyk na die rol van nasiebou om nasionale eenheid te bewerkstellig in heterogene state wat die model van die siviele eenheidstaat nastreef. Die praktyk van nasiebou soos dit in Afrika en ook in Suid-Afrika toegepas word, word vervolgens bespreek. Verder word die rol van die media in ʼn multikulturele staatsmodel ondersoek. Ter afsluiting word enkele opmerkings gemaak oor die rol van die media ten opsigte van die diversiteit van die Suid-Afrikaanse samelewing.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Bornman,Elirea
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2018
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512018000400005
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!