Die ekologiese krisis, kapitalistiese ekonomie en tegno-optimisme

Hierdie artikel poog om die problematiek rondom die verhouding tussen die huidige, groeiende ekologiese krisis - waarskynlik die grootste krisis in menslike geskiedenis - en die dominante ekonomiese praktyk van neoliberale kapitalisme in perspektief te stel. Eerstens word die ekologiese krisis in bondige terme geskets, met verwysing na getuienis hiervan in die vrylik-beskikbare, groeiende wetenskaplike en ander literatuur, wat onteenseglike aanduiding is van die bestaan van sodanige krisis. Daarna word die verhouding tussen hierdie toedrag van sake en die kapitalistiese beginsel van grenslose ekonomiese groei aan die orde gestel, in die lig van die stelling dat onbeteuelde ekonomiese groei nie binne 'n eindige ekologiese sisteem moontlik is nie. Bowendien het die uitwerking van ongebreidelde ekonomiese groei onder kapitalisme demonstreerbare, vernietigende gevolge vir die omvattende eko-sisteem, soos wat dit waargeneem kan word in die veranderinge wat daar reeds in sommige "aardprosesse", soos oseaanversuring, globale verwarming, spesie-uitsterwing, en so meer, plaasvind. Daar word uitgebrei op die gevolge hiervan vir die voortgesette bestaan van lewende wesens op aarde. Ten einde die gronde van die ekologiese krisis beter te verstaan, word die kwessie van wydverspreide tegno-optimisme vervolgens ondersoek, in die oortuiging dat daar 'n verband is tussen genoemde krisis en die obsessie met tegnologie wat die huidige era kenmerk. Ter afsluiting word besin oor wat die huidige toedrag van sake filosofies impliseer sover dit die moontlike uitsterwing van die mensdom en ander lewende wesens betref.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Olivier,Bert
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2018
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512018000300002
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
id oai:scielo:S0041-47512018000300002
record_format ojs
spelling oai:scielo:S0041-475120180003000022018-11-09Die ekologiese krisis, kapitalistiese ekonomie en tegno-optimismeOlivier,Bert ekologie ekonomie kapitalisme klimaatverandering krisis tegnologie Hierdie artikel poog om die problematiek rondom die verhouding tussen die huidige, groeiende ekologiese krisis - waarskynlik die grootste krisis in menslike geskiedenis - en die dominante ekonomiese praktyk van neoliberale kapitalisme in perspektief te stel. Eerstens word die ekologiese krisis in bondige terme geskets, met verwysing na getuienis hiervan in die vrylik-beskikbare, groeiende wetenskaplike en ander literatuur, wat onteenseglike aanduiding is van die bestaan van sodanige krisis. Daarna word die verhouding tussen hierdie toedrag van sake en die kapitalistiese beginsel van grenslose ekonomiese groei aan die orde gestel, in die lig van die stelling dat onbeteuelde ekonomiese groei nie binne 'n eindige ekologiese sisteem moontlik is nie. Bowendien het die uitwerking van ongebreidelde ekonomiese groei onder kapitalisme demonstreerbare, vernietigende gevolge vir die omvattende eko-sisteem, soos wat dit waargeneem kan word in die veranderinge wat daar reeds in sommige "aardprosesse", soos oseaanversuring, globale verwarming, spesie-uitsterwing, en so meer, plaasvind. Daar word uitgebrei op die gevolge hiervan vir die voortgesette bestaan van lewende wesens op aarde. Ten einde die gronde van die ekologiese krisis beter te verstaan, word die kwessie van wydverspreide tegno-optimisme vervolgens ondersoek, in die oortuiging dat daar 'n verband is tussen genoemde krisis en die obsessie met tegnologie wat die huidige era kenmerk. Ter afsluiting word besin oor wat die huidige toedrag van sake filosofies impliseer sover dit die moontlike uitsterwing van die mensdom en ander lewende wesens betref.Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en KunsTydskrif vir Geesteswetenskappe v.58 n.3 20182018-09-01journal articletext/htmlhttp://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512018000300002af
institution SCIELO
collection OJS
country Sudáfrica
countrycode ZA
component Revista
access En linea
databasecode rev-scielo-za
tag revista
region África del Sur
libraryname SciELO
language Afrikaans
format Digital
author Olivier,Bert
spellingShingle Olivier,Bert
Die ekologiese krisis, kapitalistiese ekonomie en tegno-optimisme
author_facet Olivier,Bert
author_sort Olivier,Bert
title Die ekologiese krisis, kapitalistiese ekonomie en tegno-optimisme
title_short Die ekologiese krisis, kapitalistiese ekonomie en tegno-optimisme
title_full Die ekologiese krisis, kapitalistiese ekonomie en tegno-optimisme
title_fullStr Die ekologiese krisis, kapitalistiese ekonomie en tegno-optimisme
title_full_unstemmed Die ekologiese krisis, kapitalistiese ekonomie en tegno-optimisme
title_sort die ekologiese krisis, kapitalistiese ekonomie en tegno-optimisme
description Hierdie artikel poog om die problematiek rondom die verhouding tussen die huidige, groeiende ekologiese krisis - waarskynlik die grootste krisis in menslike geskiedenis - en die dominante ekonomiese praktyk van neoliberale kapitalisme in perspektief te stel. Eerstens word die ekologiese krisis in bondige terme geskets, met verwysing na getuienis hiervan in die vrylik-beskikbare, groeiende wetenskaplike en ander literatuur, wat onteenseglike aanduiding is van die bestaan van sodanige krisis. Daarna word die verhouding tussen hierdie toedrag van sake en die kapitalistiese beginsel van grenslose ekonomiese groei aan die orde gestel, in die lig van die stelling dat onbeteuelde ekonomiese groei nie binne 'n eindige ekologiese sisteem moontlik is nie. Bowendien het die uitwerking van ongebreidelde ekonomiese groei onder kapitalisme demonstreerbare, vernietigende gevolge vir die omvattende eko-sisteem, soos wat dit waargeneem kan word in die veranderinge wat daar reeds in sommige "aardprosesse", soos oseaanversuring, globale verwarming, spesie-uitsterwing, en so meer, plaasvind. Daar word uitgebrei op die gevolge hiervan vir die voortgesette bestaan van lewende wesens op aarde. Ten einde die gronde van die ekologiese krisis beter te verstaan, word die kwessie van wydverspreide tegno-optimisme vervolgens ondersoek, in die oortuiging dat daar 'n verband is tussen genoemde krisis en die obsessie met tegnologie wat die huidige era kenmerk. Ter afsluiting word besin oor wat die huidige toedrag van sake filosofies impliseer sover dit die moontlike uitsterwing van die mensdom en ander lewende wesens betref.
publisher Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
publishDate 2018
url http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512018000300002
work_keys_str_mv AT olivierbert dieekologiesekrisiskapitalistieseekonomieentegnooptimisme
_version_ 1756005130406199296