Die rol van die Nasionale Studentefinansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe in Suid-Afrika

In die vorige politieke bestel was swart studente onderverteenwoordig aan universiteite in Suid-Afrika. In 1990 was byvoorbeeld slegs 37,7% van studente swart. Met die oorgang na die nuwe politieke bestel is alle beperkings tot hoëronderwysinstellings wat op ras gebaseer was, verwyder. 'n Nuwe struikelblok vir toegang van voorheen uitgeslote groepe was die hoë koste van universiteitsopleiding. Finansiële realiteite het verhoed dat armer studente dit kon bekostig om verder by hoëronderwysinstellings te gaan studeer. Die staat se subsidie aan universiteite het sedert 1990 toenemend in reële per capita-terme afgeneem. Gevolglik het universiteite hulle klasgelde verhoog om hul boeke te laat klop. NSFAS is gestig om hoër onderwys meer bekostigbaar vir armer studente te maak. Sedert 1995 is R60,6 miljard aan universiteitstudente en R12,1 miljard aan TVET-studente uitbetaal. NSFAS-studente vaar beter as nie-NSFAS-studente in die sin dat 'n groter persentasie van hulle kwalifikasies verwerf en 'n kleiner persentasie van hulle onsuksesvol uit die stelsel val, vergeleke met die nie-NSFAS-studente. In die proses het die demografie van universiteitstudente ook baie verander. Teen 2014 was 71,1% van universiteitstudente swart. NSFAS het beslis 'n positiewe bydrae daartoe gelewer.

Enregistré dans:
Détails bibliographiques
Auteur principal: De Villiers,Pierre
Format: Digital revista
Langue:Afrikaans
Publié: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017
Accès en ligne:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512017000500007
Tags: Ajouter un tag
Pas de tags, Soyez le premier à ajouter un tag!
Description
Résumé:In die vorige politieke bestel was swart studente onderverteenwoordig aan universiteite in Suid-Afrika. In 1990 was byvoorbeeld slegs 37,7% van studente swart. Met die oorgang na die nuwe politieke bestel is alle beperkings tot hoëronderwysinstellings wat op ras gebaseer was, verwyder. 'n Nuwe struikelblok vir toegang van voorheen uitgeslote groepe was die hoë koste van universiteitsopleiding. Finansiële realiteite het verhoed dat armer studente dit kon bekostig om verder by hoëronderwysinstellings te gaan studeer. Die staat se subsidie aan universiteite het sedert 1990 toenemend in reële per capita-terme afgeneem. Gevolglik het universiteite hulle klasgelde verhoog om hul boeke te laat klop. NSFAS is gestig om hoër onderwys meer bekostigbaar vir armer studente te maak. Sedert 1995 is R60,6 miljard aan universiteitstudente en R12,1 miljard aan TVET-studente uitbetaal. NSFAS-studente vaar beter as nie-NSFAS-studente in die sin dat 'n groter persentasie van hulle kwalifikasies verwerf en 'n kleiner persentasie van hulle onsuksesvol uit die stelsel val, vergeleke met die nie-NSFAS-studente. In die proses het die demografie van universiteitstudente ook baie verander. Teen 2014 was 71,1% van universiteitstudente swart. NSFAS het beslis 'n positiewe bydrae daartoe gelewer.