Wysgerige onderskeidinge relevant vir 'n besinning oor staat en samelewing met besondere verwysing na Koos Malan se Politokrasie

Afrikaanse akademici voer tans 'n lewendige gesprek oor staat en samelewing met onder meer gespreksgenote soos Danie Goosen, Koos Malan en Andries Raath. Uiteraard kan met velerlei gesigspunte en insigte saamgestem word. Ter wille van 'n goeie begrip van die aard van staat en samelewing is dit egter wenslik om perspektiewe en onderskeidinge na vore te bring wat vrugbaar mag wees vir die ondersoek wat in hierdie artikel aan die orde gestel word. Die historiese lyn vanaf die Grieks polis (stadstaat) herberg 'n organiese gemeenskapsidee waarin die geheel-dele relasie sentraal staan. In die geskrif van Koos Malan oor die politokrasie kontrasteer hy dit met fasette in die denke van figure soos Hobbes, Locke en Rousseau wat getipeer word as abstrak, atomisties (individualisties) en die afwesigheid van 'n hegter gemeenskap. Die aard van 'n "staatlike orde" word gesien as 'n "tydelike historiese en dus veranderlike verskynsel" - waarmee die probleem van duursaamheid en verandering vanself na vore gebring word. Sonder die onderskeiding tussen aspekte as bestaanswyses en konkrete (natuurlike en samelewings-)entiteite kan beswaarlik ingesien word dat die regsaspek byvoorbeeld nie aan die staat (of enige ander samelewingsvorm) behoort nie want elke samelewingsvorm funksioneer bloot in hierdie (en alle ander aspekte) op 'n struktuurtipiese wyse. In selfstandige artikels sal egter nader ingegaan word op die onvermelde wortels van hierdie intellektuele tradisie wat ook teruggryp na die na-Kantiaanse vryheidsidealisme.

Guardado en:
Detalles Bibliográficos
Autor principal: Strauss,Danie
Formato: Digital revista
Idioma:Afrikaans
Publicado: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017
Acceso en línea:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512017000400013
Etiquetas: Agregar Etiqueta
Sin Etiquetas, Sea el primero en etiquetar este registro!