Die psigososiale omstandighede van straatkinders en hulle behoeftes in 'n lewensvaardigheidsprogram

Die straatkindverskynsel het dwarsoor die wêreld ʼn maatskaplike probleem geword en kan aan heelwat faktore toegeskryf word soos swak ekonomiese toestande, werkloosheid en gesinsprobleme wat in die gemeenskap ervaar word. Hierdie kinders verbeur dikwels die voorregte en bydraes tot ontwikkeling wat deur ʼn gesonde gesinslewe teweeg gebring word, en daar word onvoldoende in hulle basiese behoeftes voorsien. Hierdie situasie strem hul normale ontwikkeling en hulle openbaar dikwels ernstige psigososiale nagevolge, soos wantroue in mense, ʼn gebrek aan selfvertroue en swak interpersoonlike verhoudings. Die studie se teoretiese uitgangspunt is die sterkte- en bemagtigingsperspektiewe wat aanvullend in maatskaplike werk benut kan word. Min literatuur is beskikbaar oor die psigososiale behoeftes en omstandighede van straatkinders in Suid-Afrika. Die doel van die studie behels ʼn behoeftebepaling ten opsigte van die psigososiale omstandighede en behoeftes van straatkinders by die Thakaneng Kinder- en Jeugsorgsentrum (TKJS) in Potchefstroom ten einde inligting te versamel wat benut kan word in ʼn lewensvaardigheidsprogram. Die gemengde navorsingsmetode is benut deurdat kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe navorsingstegnieke en -metodes binne die verkennende en beskrywende navorsingsontwerpe benut is. Vir die deel van die studie waaroor in hierdie artikel verslag gedoen word, is data deur middel van ʼn self-gestruktureerde vraelys ingesamel. Vanuit die verkreë data kon die behoefte vir, en moontlike temas van belang vir ʼn lewensvaardigheidsprogram, geïdentifiseer word. Van die belangrikste lewensvaardighede wat die navorser vanuit die behoeftebepaling en die literatuur kon identifiseer, is selfkennis; selfvertroue en selfhandhawing; interpersoonlike verhoudings en vertroue; algemene en emosionele hanteringmeganismes; toekomsbeplanning en besluitneming; gesondheid en ʼn gesonde leefstyl; kommunikasievaardighede; probleemoplossing en konflikhantering; tydsbestuur; finansiële bestuur en sekere ander aangeleenthede, soos die gevare verbonde aan die misbruik van middels, die voorkoming van MIV en ander oordraagbare geslagsiektes, asook kinderregte. Hierdie vaardighede word deur die kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe data bevestig.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Simeon,Elzahne, Herbst,Alida, Strydom,Herman
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512017000300005
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
id oai:scielo:S0041-47512017000300005
record_format ojs
spelling oai:scielo:S0041-475120170003000052017-07-21Die psigososiale omstandighede van straatkinders en hulle behoeftes in 'n lewensvaardigheidsprogramSimeon,ElzahneHerbst,AlidaStrydom,Herman lewensvaardighede kinder- en jeugsorgsentrum gemengde metode navorsing program straatkinders bemagtiging sterkteperspektief bemagtigingsprogram psigososiale omstandighede behoeftes Die straatkindverskynsel het dwarsoor die wêreld ʼn maatskaplike probleem geword en kan aan heelwat faktore toegeskryf word soos swak ekonomiese toestande, werkloosheid en gesinsprobleme wat in die gemeenskap ervaar word. Hierdie kinders verbeur dikwels die voorregte en bydraes tot ontwikkeling wat deur ʼn gesonde gesinslewe teweeg gebring word, en daar word onvoldoende in hulle basiese behoeftes voorsien. Hierdie situasie strem hul normale ontwikkeling en hulle openbaar dikwels ernstige psigososiale nagevolge, soos wantroue in mense, ʼn gebrek aan selfvertroue en swak interpersoonlike verhoudings. Die studie se teoretiese uitgangspunt is die sterkte- en bemagtigingsperspektiewe wat aanvullend in maatskaplike werk benut kan word. Min literatuur is beskikbaar oor die psigososiale behoeftes en omstandighede van straatkinders in Suid-Afrika. Die doel van die studie behels ʼn behoeftebepaling ten opsigte van die psigososiale omstandighede en behoeftes van straatkinders by die Thakaneng Kinder- en Jeugsorgsentrum (TKJS) in Potchefstroom ten einde inligting te versamel wat benut kan word in ʼn lewensvaardigheidsprogram. Die gemengde navorsingsmetode is benut deurdat kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe navorsingstegnieke en -metodes binne die verkennende en beskrywende navorsingsontwerpe benut is. Vir die deel van die studie waaroor in hierdie artikel verslag gedoen word, is data deur middel van ʼn self-gestruktureerde vraelys ingesamel. Vanuit die verkreë data kon die behoefte vir, en moontlike temas van belang vir ʼn lewensvaardigheidsprogram, geïdentifiseer word. Van die belangrikste lewensvaardighede wat die navorser vanuit die behoeftebepaling en die literatuur kon identifiseer, is selfkennis; selfvertroue en selfhandhawing; interpersoonlike verhoudings en vertroue; algemene en emosionele hanteringmeganismes; toekomsbeplanning en besluitneming; gesondheid en ʼn gesonde leefstyl; kommunikasievaardighede; probleemoplossing en konflikhantering; tydsbestuur; finansiële bestuur en sekere ander aangeleenthede, soos die gevare verbonde aan die misbruik van middels, die voorkoming van MIV en ander oordraagbare geslagsiektes, asook kinderregte. Hierdie vaardighede word deur die kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe data bevestig.Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en KunsTydskrif vir Geesteswetenskappe v.57 n.2-2 20172017-06-01journal articletext/htmlhttp://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512017000300005af
institution SCIELO
collection OJS
country Sudáfrica
countrycode ZA
component Revista
access En linea
databasecode rev-scielo-za
tag revista
region África del Sur
libraryname SciELO
language Afrikaans
format Digital
author Simeon,Elzahne
Herbst,Alida
Strydom,Herman
spellingShingle Simeon,Elzahne
Herbst,Alida
Strydom,Herman
Die psigososiale omstandighede van straatkinders en hulle behoeftes in 'n lewensvaardigheidsprogram
author_facet Simeon,Elzahne
Herbst,Alida
Strydom,Herman
author_sort Simeon,Elzahne
title Die psigososiale omstandighede van straatkinders en hulle behoeftes in 'n lewensvaardigheidsprogram
title_short Die psigososiale omstandighede van straatkinders en hulle behoeftes in 'n lewensvaardigheidsprogram
title_full Die psigososiale omstandighede van straatkinders en hulle behoeftes in 'n lewensvaardigheidsprogram
title_fullStr Die psigososiale omstandighede van straatkinders en hulle behoeftes in 'n lewensvaardigheidsprogram
title_full_unstemmed Die psigososiale omstandighede van straatkinders en hulle behoeftes in 'n lewensvaardigheidsprogram
title_sort die psigososiale omstandighede van straatkinders en hulle behoeftes in 'n lewensvaardigheidsprogram
description Die straatkindverskynsel het dwarsoor die wêreld ʼn maatskaplike probleem geword en kan aan heelwat faktore toegeskryf word soos swak ekonomiese toestande, werkloosheid en gesinsprobleme wat in die gemeenskap ervaar word. Hierdie kinders verbeur dikwels die voorregte en bydraes tot ontwikkeling wat deur ʼn gesonde gesinslewe teweeg gebring word, en daar word onvoldoende in hulle basiese behoeftes voorsien. Hierdie situasie strem hul normale ontwikkeling en hulle openbaar dikwels ernstige psigososiale nagevolge, soos wantroue in mense, ʼn gebrek aan selfvertroue en swak interpersoonlike verhoudings. Die studie se teoretiese uitgangspunt is die sterkte- en bemagtigingsperspektiewe wat aanvullend in maatskaplike werk benut kan word. Min literatuur is beskikbaar oor die psigososiale behoeftes en omstandighede van straatkinders in Suid-Afrika. Die doel van die studie behels ʼn behoeftebepaling ten opsigte van die psigososiale omstandighede en behoeftes van straatkinders by die Thakaneng Kinder- en Jeugsorgsentrum (TKJS) in Potchefstroom ten einde inligting te versamel wat benut kan word in ʼn lewensvaardigheidsprogram. Die gemengde navorsingsmetode is benut deurdat kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe navorsingstegnieke en -metodes binne die verkennende en beskrywende navorsingsontwerpe benut is. Vir die deel van die studie waaroor in hierdie artikel verslag gedoen word, is data deur middel van ʼn self-gestruktureerde vraelys ingesamel. Vanuit die verkreë data kon die behoefte vir, en moontlike temas van belang vir ʼn lewensvaardigheidsprogram, geïdentifiseer word. Van die belangrikste lewensvaardighede wat die navorser vanuit die behoeftebepaling en die literatuur kon identifiseer, is selfkennis; selfvertroue en selfhandhawing; interpersoonlike verhoudings en vertroue; algemene en emosionele hanteringmeganismes; toekomsbeplanning en besluitneming; gesondheid en ʼn gesonde leefstyl; kommunikasievaardighede; probleemoplossing en konflikhantering; tydsbestuur; finansiële bestuur en sekere ander aangeleenthede, soos die gevare verbonde aan die misbruik van middels, die voorkoming van MIV en ander oordraagbare geslagsiektes, asook kinderregte. Hierdie vaardighede word deur die kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe data bevestig.
publisher Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
publishDate 2017
url http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512017000300005
work_keys_str_mv AT simeonelzahne diepsigososialeomstandighedevanstraatkindersenhullebehoeftesinnlewensvaardigheidsprogram
AT herbstalida diepsigososialeomstandighedevanstraatkindersenhullebehoeftesinnlewensvaardigheidsprogram
AT strydomherman diepsigososialeomstandighedevanstraatkindersenhullebehoeftesinnlewensvaardigheidsprogram
_version_ 1756005119838650368