Leerbenaderings en akademiese prestasie van EBW-onderwysstudente

Een van die groot probleme in die hoëronderwyssisteem is dat die deurvloeisyfers nie na wense is nie. 'n Groot aantal studente skryf in vir 'n graad maar voltooi dit nie binne die voorgeskrewe tydperk nie. Een van die mees prominente faktore waaraan hierdie probleem volgens navorsers toegeskryf kan word, is studente se leerbenadering, wat weer bepaal word deur hulle leermotiewe en leerstrategieë. Die doelstelling vir hierdie studie was om die leerbenaderings van EBW-onderwysstudente te bepaal.Die gevalideerde Hersiene Studie Proses Vraelys soos opgestel deur Biggs et al. (2001:148) is gebruik om die leerbenaderings te bepaal. Daar is bevind dat die diepleer-benadering in al vierjare meer gebruik word as die oppervlakkigeleer-benadering en dat die diepleer-benadering tussen die eerste en die tweede jaar toeneem, maar in die derde en vierde jaar afneem, moontlik omdat studente nader aan die einde van hulle studie poog om op 'n vinnige en effektiewe wyse te studeer. Rakende korrelasies tussen akademiese prestasie en leerbenaderings is bevind dat dit slegs by tweedejaars statisties en prakties betekenisvol was. Hoe hoër hulle akademiese prestasie hoe minder het hulle van die oppervlakkigeleer-benadering gebruik gemaak. Die navorsers is van mening dat studente reeds van hulle eerste jaar af deur die gebruik van verskeie onderrigmetodes aangemoedig moet word om van die diepleer-benadering gebruik te maak.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: van Staden,Louis, Nel,Carisma
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2016
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000600009
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!