Die Nederlandse akademiese boikot teen Suid-Afrika: 'n Ontleding
Die jare '60 en '70 in Nederland is gekenmerk deur 'n demokratiseringsproses. Dit sou daartoe lei dat die jeug medeseggenskap sou opeis in beleidsake. Dit was veral van belang wat die universiteitswese betref. Die links-radikale studentemassa was dus 'n faktor wat nie verontagsaam kon word nie. Nederlandse universiteite was onder druk om meer maatskaplik betrokke en relevant te word. Anti-apartheid het dus 'n populêre slagspreuk geword. Nederland en Suid-Afrika het toenemend vreemd geword vir mekaar. Nederlandse universiteite in Amsterdam, Utrecht, Groningen en Leiden het almal hul akademiese bande met Suid-Afrikaanse universiteite verbreek. 'n Boikot- en isolasiebeleid is gevolg, aangevuur deur links-radikale studente en anti-apartheidsorganisasies. Nederlandse universiteite het eredoktorsgrade toegeken aan anti-apartheidsaktiviste soos C.F. Beyers Naudé, Govan Mbeki en Winnie Mandela, vanweë hulle uitgesproke teenstand teen apartheid. Die universiteite het ook noue bande met die ANC gesmee. Blanke Suid-Afrikaanse studente en dosente was dus nie meer welkom op die kampusse van Nederlandse universiteite nie. Jonger Afrikaanssprekende akademici het hul rug al hoe meer op Nederland gekeer. Nederlands as akademiese taal het dus veld verloor in Suid-Afrika. Daarenteen het Engels as akademiese taal veld gewen.
Main Author: | |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2016
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000600002 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|