Die verband tussen werksbevrediging en die leierskapstyl van bestuurders: 'n Gevallestudie uit die banksektor

Die doel van die studie was om vas te stel op watter wyse die dominante leierskapstyl van opleidingsbestuurders die werksbevrediging van opleidingskonsultante wat volwasseneonderwys binne 'n bepaalde bankgroep in Suid-Afrika verskaf, beïnvloed. Bepaalde leierskapstyle (naamlik die demokratiese, outokratiese en laissez-faire-leierskapstyle) en werksbevredigingskomponente (naamlik ondersteuning, verhoudings en bemagtiging) is vir die doel geïdentifiseer. 'n Vraelys is ontwerp wat as kwantitatiewe navorsingsinstrument gedien het om inligting aangaande die biografiese besonderhede van respondente, hul bestuurder se leierskapstyl en respondente se persepsies van hul eie werksbevrediging in te samel. Een-en-negentig uit 137 respondente aan wie 'n e-pos gestuur is, het die vraelys voltooi. Die responskoers was dus 66.42%. Uit die analise van variansieresultate het dit geblyk dat leierskapstyl wél respondente se persepsie van al die gekose werksbevredigingskomponente statisties beduidend beïnvloed. In die geval van die belewing van ondersteuning is ouderdom verder ook as bydraende faktor tot werksbevrediging geïdentifiseer.

Guardado en:
Detalles Bibliográficos
Autores principales: Booyse,Cornelius, van Niekerk,EJ, Jansen,Cecelia, Muller,Hélène
Formato: Digital revista
Idioma:Afrikaans
Publicado: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2016
Acceso en línea:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000200004
Etiquetas: Agregar Etiqueta
Sin Etiquetas, Sea el primero en etiquetar este registro!