Neoliberalisme, "Imperium" en globale geweld

Die huidige tyd is een van eindelose, ofskoon sporadiese, gewapende globale geweld, soos duidelik uit internasionale nuusberigte in die media blyk. Sodanige geweld, hetsy as deel van die "oorlog teen terreur", of tussen regeringsmagte en rebellemagte in verskeie wêrelddele, vind onder die huidige hegemoniese orde van neoliberale kapitalisme plaas, waar ekonomiese en politieke mag saamsmelt tot wat Hardt en Negri die "kapitalistiese orde" van "Imperium" noem. Binne laasgenoemde orde word militêre handeling toenemend volgens hierdie denkers as "polisiëring" verstaan, ofskoon dit gewoonlik met gewelddadige konflik gepaardgaan. Ter beantwoording van die vraag, of "oorlog" vandag nog dieselfde betekenis dra as in vroeër tye, onderneem die artikel 'n vergelykende historiese ondersoek van hierdie toedrag van sake, en poog vervolgens om die vraag te beantwoord, naamlik, hoe sodanige globale geweld aan die hand van die psigoanalities-teoretiese begrip van "aggressiwiteit" as moontlikheidsvoorwaarde van aggressie of geweld verstaan kan word. Lacan se teorie van die subjek, asook sy diskoersteorie, word saam met Derrida se interpretasie van die gebeurtenis van 9/11 benut om die voorgestelde interpretasie uit te voer.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Olivier,Bert
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2016
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000100009
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!