Aspek in Afrikaans: 'n Teoretiese beskrywing

Die Afrikaanse werkwoordstelsel onderskei tussen verlede, hede en toekoms (met ander woorde tussen verskillende tempusbetekenisse), maar is meerduidig met betrekking tot grammatikaal-aspektuele betekenis. Die Afrikaanse werkwoord spesifiseer nie op 'n verpligte wyse 'n onderskeid tussen perfektiewe, anterior- of imperfektiewe betekenis nie. Die ongemerkte stamvorm (in die hede) en die het ge-vorm (in die verlede) word gebruik om hierdie verskillende aspektuele betekenisse uit te druk. Afrikaans kan derhalwe geklassifiseer word as 'n nie-aspektuele taal (vergelyk Bylund 2013:932). Die aspektuele meerduidigheid van Afrikaans het 'n verreikende effek op die wyse waarop hierdie taal se grammatika in die Afrikaanse akademiese literatuur beskryf of verstaan word. Daar bestaan onder sommige skrywers die siening dat die werkwoordelike vorm van Afrikaans onvoldoende is om sekere aspektuele nuanses en betekenisse uit te druk (vergelyk Brink 1976:93; De Villiers 1962:250; Du Toit 1940:250; Meyer 2010; Paul 2010; Visser 2012; Wybenga 1983:1). Beskrywings soos "maklik", "vereenvoudig", "sonder 'n werklike sisteem" en "problematies" is al gebruik om die Afrikaanse grammatikale temporele uitdrukking te beskryf (vergelyk Anon 2010; Britz 2002; De Villiers 1962:59). Die aanname bestaan selfs by sommige skrywers dat Afrikaans "geen aspek het nie" (vergelyk Van der Merwe 1968a:281). 'n Moontlike rede vir hierdie sienings is die feit dat die uitdrukking van aspek in Afrikaans nog nie voldoende nagevors of beskryf is nie. Die enkele bestaande publikasies oor die onderwerp bied nie 'n goeie verduideliking van die begrip "aspek" nie, en dui nie voldoende die verskillende wyses waarop aspek in Afrikaans uitgedruk kan word, aan nie. Hierdie artikel probeer die tweeledige leemte vul deur eerstens 'n algemeen-teoretiese beskrywing van aspek aan te bied, en tweedens op 'n sistematiese wyse aan te toon watter linguistiese strategies in Afrikaans aangewend word om aspektuele betekenis uit te druk.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Breed,Adri
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2016
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000100005
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
id oai:scielo:S0041-47512016000100005
record_format ojs
spelling oai:scielo:S0041-475120160001000052016-04-12Aspek in Afrikaans: 'n Teoretiese beskrywingBreed,Adri anterior aspek imperfektief perfektief perfektum tempus Die Afrikaanse werkwoordstelsel onderskei tussen verlede, hede en toekoms (met ander woorde tussen verskillende tempusbetekenisse), maar is meerduidig met betrekking tot grammatikaal-aspektuele betekenis. Die Afrikaanse werkwoord spesifiseer nie op 'n verpligte wyse 'n onderskeid tussen perfektiewe, anterior- of imperfektiewe betekenis nie. Die ongemerkte stamvorm (in die hede) en die het ge-vorm (in die verlede) word gebruik om hierdie verskillende aspektuele betekenisse uit te druk. Afrikaans kan derhalwe geklassifiseer word as 'n nie-aspektuele taal (vergelyk Bylund 2013:932). Die aspektuele meerduidigheid van Afrikaans het 'n verreikende effek op die wyse waarop hierdie taal se grammatika in die Afrikaanse akademiese literatuur beskryf of verstaan word. Daar bestaan onder sommige skrywers die siening dat die werkwoordelike vorm van Afrikaans onvoldoende is om sekere aspektuele nuanses en betekenisse uit te druk (vergelyk Brink 1976:93; De Villiers 1962:250; Du Toit 1940:250; Meyer 2010; Paul 2010; Visser 2012; Wybenga 1983:1). Beskrywings soos "maklik", "vereenvoudig", "sonder 'n werklike sisteem" en "problematies" is al gebruik om die Afrikaanse grammatikale temporele uitdrukking te beskryf (vergelyk Anon 2010; Britz 2002; De Villiers 1962:59). Die aanname bestaan selfs by sommige skrywers dat Afrikaans "geen aspek het nie" (vergelyk Van der Merwe 1968a:281). 'n Moontlike rede vir hierdie sienings is die feit dat die uitdrukking van aspek in Afrikaans nog nie voldoende nagevors of beskryf is nie. Die enkele bestaande publikasies oor die onderwerp bied nie 'n goeie verduideliking van die begrip "aspek" nie, en dui nie voldoende die verskillende wyses waarop aspek in Afrikaans uitgedruk kan word, aan nie. Hierdie artikel probeer die tweeledige leemte vul deur eerstens 'n algemeen-teoretiese beskrywing van aspek aan te bied, en tweedens op 'n sistematiese wyse aan te toon watter linguistiese strategies in Afrikaans aangewend word om aspektuele betekenis uit te druk.Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en KunsTydskrif vir Geesteswetenskappe v.56 n.1 20162016-03-01journal articletext/htmlhttp://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000100005af
institution SCIELO
collection OJS
country Sudáfrica
countrycode ZA
component Revista
access En linea
databasecode rev-scielo-za
tag revista
region África del Sur
libraryname SciELO
language Afrikaans
format Digital
author Breed,Adri
spellingShingle Breed,Adri
Aspek in Afrikaans: 'n Teoretiese beskrywing
author_facet Breed,Adri
author_sort Breed,Adri
title Aspek in Afrikaans: 'n Teoretiese beskrywing
title_short Aspek in Afrikaans: 'n Teoretiese beskrywing
title_full Aspek in Afrikaans: 'n Teoretiese beskrywing
title_fullStr Aspek in Afrikaans: 'n Teoretiese beskrywing
title_full_unstemmed Aspek in Afrikaans: 'n Teoretiese beskrywing
title_sort aspek in afrikaans: 'n teoretiese beskrywing
description Die Afrikaanse werkwoordstelsel onderskei tussen verlede, hede en toekoms (met ander woorde tussen verskillende tempusbetekenisse), maar is meerduidig met betrekking tot grammatikaal-aspektuele betekenis. Die Afrikaanse werkwoord spesifiseer nie op 'n verpligte wyse 'n onderskeid tussen perfektiewe, anterior- of imperfektiewe betekenis nie. Die ongemerkte stamvorm (in die hede) en die het ge-vorm (in die verlede) word gebruik om hierdie verskillende aspektuele betekenisse uit te druk. Afrikaans kan derhalwe geklassifiseer word as 'n nie-aspektuele taal (vergelyk Bylund 2013:932). Die aspektuele meerduidigheid van Afrikaans het 'n verreikende effek op die wyse waarop hierdie taal se grammatika in die Afrikaanse akademiese literatuur beskryf of verstaan word. Daar bestaan onder sommige skrywers die siening dat die werkwoordelike vorm van Afrikaans onvoldoende is om sekere aspektuele nuanses en betekenisse uit te druk (vergelyk Brink 1976:93; De Villiers 1962:250; Du Toit 1940:250; Meyer 2010; Paul 2010; Visser 2012; Wybenga 1983:1). Beskrywings soos "maklik", "vereenvoudig", "sonder 'n werklike sisteem" en "problematies" is al gebruik om die Afrikaanse grammatikale temporele uitdrukking te beskryf (vergelyk Anon 2010; Britz 2002; De Villiers 1962:59). Die aanname bestaan selfs by sommige skrywers dat Afrikaans "geen aspek het nie" (vergelyk Van der Merwe 1968a:281). 'n Moontlike rede vir hierdie sienings is die feit dat die uitdrukking van aspek in Afrikaans nog nie voldoende nagevors of beskryf is nie. Die enkele bestaande publikasies oor die onderwerp bied nie 'n goeie verduideliking van die begrip "aspek" nie, en dui nie voldoende die verskillende wyses waarop aspek in Afrikaans uitgedruk kan word, aan nie. Hierdie artikel probeer die tweeledige leemte vul deur eerstens 'n algemeen-teoretiese beskrywing van aspek aan te bied, en tweedens op 'n sistematiese wyse aan te toon watter linguistiese strategies in Afrikaans aangewend word om aspektuele betekenis uit te druk.
publisher Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
publishDate 2016
url http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000100005
work_keys_str_mv AT breedadri aspekinafrikaansnteoretiesebeskrywing
_version_ 1756005104099524608