Aan die en besig in Afrikaanse progressiwiteits-konstruksies: 'n korpusondersoek (2)

In 'n tweetal artikels (hierdie artikel en Breed & Van Huyssteen 2014) stel ons ondersoek in na die wyse waarop twee perifrastiese konstruksies, te wete die V KOP besig om te V- en die V KOP aan die V-konstruksies, gebruik word om progressiewe betekenis in Afrikaans uit te druk. Die bespreking word gebaseer op 'n korpusondersoek waarin drie Afrikaanse perifrastiese progressiewe konstruksies (d.i. die twee genoemde konstruksies, sowel as die V POS en V-konstruksie; sien Breed 2012 en Breed & Brisard 2015) met mekaar vergelyk is. Drie ewekniekonstruksies word in Nederlands gevind, en daarom word die konstruksies ook, waar ter sake, met die Nederlandse konstruksies vergelyk. In Breed (2012) word die grammatikaliseringsproses verduidelik, en daar word aangetoon dat die aan die-/aan het-konstruksies lokatiewe oorsprong het, terwyl die oorsprong van die besig-/bezig-konstruksies leksikaal gemotiveerd is. In hierdie artikel word die frekwensie van die twee konstruksies ondersoek en daar word bewys dat daar aansienlike verskille tussen die verspreiding van die Afrikaanse en Nederlandse konstruksies is. Die werkwoorde waarmee elk van die konstruksies prototipies kombineer, word bestudeer en daar word bevind dat die Afrikaanse besig-konstruksie met 'n groot aantal werkwoordtipes kan kombineer, terwyl die aan die-progressiefkonstruksie meer gespesialiseerd is.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Breed,Adri, van Huyssteen,Gerhard
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2015
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512015000200006
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!