Riglyne vir die ontwikkeling van 'n professionele-ontwikkelingsprogram ooreenkomstig 'n werkswinkel-, ondersteunings- en mentorskapsmodel (WOM-model)

Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel beleef vir die soveelste keer 'n proses van verandering. 'n Belangrike aspek van enige verandering in die onderwysstelsel is die professionele ontwikkeling van die onderwysers wat in die praktyk staan. Volgens die Suid-Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys is die implementering van professioneleontwikkelingsprogramme van groot waarde omdat dit die skoolstelsel transformeer en vernuwe. Volgens die Departement van Basiese Onderwys moet onderwysers en skoolhoofde die belangrikheid van professioneleontwikkelings-programme insien omdat dit waarde tot die opleiding en ontwikkeling van onderwysers kan toevoeg. Wanneer 'n professioneleontwikkelingsprogram ontwikkel word, is dit belangrik dat daar met groot sorg besluite geneem word, veral in terme van wie die professioneleontwikkelingspro-gram moet aanbied en bywoon, wat as deel van die professioneleontwikkelingsprogram ingesluit moet word en hoe die spesifieke program aangebied moet word. Buiten hierdie hoofaspekte is daar ook ander aangeleenthede wat in ag geneem moet word vir die praktiese beplanning en aanbieding van enige professioneleontwikkelingsprogram. Die doel van hierdie artikel is om riglyne te verskaf vir die beplanning en aanbieding van 'n professioneleontwikkelingsprogram ooreenkomstig die WOM-model.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Marais,Elma, Nel,Carisma, du Toit,Christine
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2015
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512015000100006
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!