Die verandering van houdings teenoor persone met fisieke gestremdhede: 'n Vernuwende intervensie vir die werksplek
Persone met fisieke gestremdhede bly dikwels werkloos. Die redes hiervoor is onder meer negatiewe houdings en stereotipering van persone sonder gestremdhede binne die werksplek, wat meebring dat geleenthede vir persone met fisieke gestremdhede beperk word. Dit is dus nie net belangrik om werknemers toenemend bewus te maak van hoe voordelig die insluiting van persone met gestremdhede in die werksplek is nie, maar ook om n houdingsverandering in dié verband teweeg te bring. Intervensies wat op vernuwende houdingsveranderende leerstrategieë gegrond is, kon egter nie in die literatuur gevind word nie. In hierdie studie is n intervensie, gegrond op houdingsveranderende strategieë en interaktiewe drama, ontwikkel en toegepas in n poging om werknemers se houdings teenoor persone met fisieke gestremdhede in die werksplek positief te verander. Die resultate van die kwasi-eksperimentele ontwerp het inderdaad n positiewe houdingsverandering ná die toepassing van die program getoon. Die toepassing van hierdie soort programme kan dus houdings verander en hopelik lei tot die toenemende integrasie van persone met gestremdhede in die werksomgewing.
Auteurs principaux: | Kleynhans,Ronel, Kotzé,Martina |
---|---|
Format: | Digital revista |
Langue: | Afrikaans |
Publié: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2014
|
Accès en ligne: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512014000400017 |
Tags: |
Ajouter un tag
Pas de tags, Soyez le premier à ajouter un tag!
|
Documents similaires
-
Bestuurders en werknemers se houding teenoor persone met fisieke gestremdhede in die werksplek
par: Kleynhans,Ronel, et autres
Publié: (2010) -
Nelson Mandela se houding teenoor die kommunisme
par: Scholtz,Leopold, et autres
Publié: (2014) -
'N voorlopige navorsingsagenda vir die spirituele re-kapitalisasie van die werksplek: 'n prakties teologiese rekonstruksie?
par: van den Berg,J. A.
Publié: (2010) -
Die verband tussen geselekteerde biografiese veranderlikes en Graad R-onderwysers se houding teenoor die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede van Graad R-leerders
par: Loubser,Annemarie, et autres
Publié: (2016) -
Die versweë verandering van die Suid-Afrikaanse Konstitusie
par: Malan,Koos
Publié: (2018)