Aan die en besig in Afrikaanse progressiwiteits-konstruksies: die ontstaan en ontwikkeling

In 'n tweetal artikels (hierdie artikel en Breed & Van Huyssteen (voorgele)) stel ons ondersoek in na die wyse waarop twee perifrastiese konstruksies, te wete die V KOP besig om te V- en die V KOP aan die V-konstruksies, gebruik word om progressiewe betekenis in Afrikaans uit te druk. Die bespreking word gebaseer op 'n korpusondersoek waarin drie Afrikaanse perifrastiese progressiewe konstruksies (d.i. die twee genoemde konstruksies, sowel as die Vpos en V-konstruksie; sien Breed 2012 en Breed & Brisard voorgele) met mekaar vergelyk is. Drie ewekniekonstruksies word in Nederlands gevind, en daarom word die konstruksies ook, waar ter sake, met die Nederlandse konstruksies vergelyk. Aangesien Breed & Brisard (voorgele) fokus op die Vpos en-konstruksies, handel hierdie tweetal artikels oor die besig- en aan die-progressiewe. Terwyl die tweede artikel se fokus is om, aan die hand van die korpusondersoek se resultate, die spesifieke wyses aan te dui waarop die twee konstruksies gebruik word, is die hoofdoelwit van hierdie eerste artikel om die twee konstruksies se totstandkoming en ontwikkeling aan te toon. In hierdie artikel word die grammatikaliseringsproses aan die hand van die evolusie van die hoofwerkwoord het tot temporele hulpwerkwoord verduidelik, en daar word aangetoon dat die aan die-/aan het-konstruksies lokatiewe oorsprong het, terwyl die oorsprong van die besig-/bezig-konstruksies leksikaal gemotiveerd is.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Breed,Adri, van Huyssteen,Gerhard
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2014
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512014000400009
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!