Die aandeel van Potchefstroom in Voortrekker-staasvestiging

Die ontstaan van Potchefstroom was te danke aan Hendrik Potgieter se breuk met die Natalse Volksraad en sy behoefte aan 'n tydelike setelplaas vir sy gesagsuitoefening op die Hoëveld in afwagting op sy verskuiwing na Oos-Transvaal. Afsegging van daardie voorneme het gevolg op versoening met die Volksraad, die daarstelling van 'n Adjunkraad onder plaaslike Potgieter-beheer en gelei tot die vestiging van die tweede Potchefstroom. Na die anneksasie van Natal het die Volksraad na Potchefstroom verskuif en, uit vrees vir die implementering van die Cape of Good Hope Punishment Act vandaar, saam met Potgieter na Ohrigstad. Die vrees dat Potchefstroom as voorwendsel tot Britse anneksasie van Transvaal kon lei het Potgieter oorreed om die dorp te ontruim. Die onsekerheid oor hul staatkundige status het die Potchefstromers se verhouding met die Ohrigstad-bewind vertroebel. Andries Pretorius het algaande die onsekerheid verdryf en, deur sterk leiding, die politieke swaartepunt na Potchefstroom terug verskuif en beide Potgieter en die Volksraad as toonaan-gewende leier vervang. Deur sy toedoen is die Sandrivier-konvensie gesluit en Voortrekker-onafhanklikheid in Transvaal bevestig.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: van den Bergh,Gert
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2013
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512013000300013
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!