"Afrika-Voorstellings": Stefans Grové se Liedere en danse van Afrika as fiksies

Stefans Grové se Musiek uit Afrika-reeks is die produk van baie "Afrika-voorstellings". In hierdie analise van die klavier-etudes, die Liedere en danse van Afrika (1988-1990), word besin oor die aard van hierdie voorstellings of invensies - beide as studies en as ontdekkings - en die tegnieke wat gebruik is om hulle te implementeer. Die artikel demonstreer fasette van hierdie studies wat geïnterpreteer mag word as generiese verteenwoordigers van inheemse Afrika-tegnieke, sowel as konstruksies wat gebaseer is op 'n ouer erfenis van eksotiek en primitivisme in Westerse kunsmusiek. In plaas daarvan om "Afrika" en "Afrika-musiek" te reduseer tot 'n reeks generiese eienskappe of prosedures suggereer hierdie artikel 'n alternatiewe lesing wat hierdie werke plaas as "Afrika-voorstellings": as fiksies of verdigsels wat hulle eie unieke "Afrika-teenwoordigheid" onbeskaamd sinkretiseer, en nie langer aan stererotipes gekoppel kan word soos "inheemse" of "outentieke" "Afrika-elemente nie". Sulke aansprake op egtheid of outentisiteit neig naamlik daartoe om dieselfde denke waarna hulle streef, te ondermyn.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Pooley,Thomas
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2013
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512013000200006
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!