Die belang van Niklas Luhmann vir kommunikasieteorie: 'n Inleidende interpretasie.

Niklas Luhmann word gehuldig as een van die mees fassinerende sosiale teoretici van die 20ste eeu, hoewel geen van sy werke nog binne kommunikasieteorie as 'n studieveld bespreek is nie. Sommige van die radikale stellings wat hy maak, soos dat menslike individue glad nie kan kommunikeer nie, kan dalk verklaar hoekom selfs die mees welbekende teoretici in die veld soos Craig (1999; 2007), Littlejohn en Foss, en Miller (2009) van sy teoretisering wegskram. Die artikel werp 'n blik op Luhmann se intellektuele agtergrond en poog om twee van sy verwarrende aannames te verduidelik, naamlik dat slegs kommunikasie kan kommunikeer en dat kommunikatiewe sisteme totaal en al geslote is. Uiteindelik word sosiale outopoiëse beskryf as 'n moontlike teoretiese raamwerk vir toekomstige studies in kommunikasieteorie as 'n veld.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Davis,Corné
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2013
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512013000100006
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!