'n Skoolgebaseerde sosiaal-emosionele program as strategie teen misdaad en geweld (2)

Die doel van hierdie studie is om die verband tussen Emosionele Intelligensie (EI) in die klaskamer en leerders se gedrag te bepaal. In die proses word daar ook riglyne geformuleer vir die basiese stappe om EI in die klaskamer in te span. Sodoende kan die probleem van geweld en die uitdagings van sosiaal-emosionele intervensies in skole meer suksesvol aangespreek word tot voordeel van al die betrokkenes in die skoolkonteks sowel as die samelewing in die geheel. In hierdie studie word kwalitatiewe navorsing as hoofnavorsingsmetode gebruik om die impak van EI in die klaskamer op leerders se gedrag te identifiseer. Daar word gebruik gemaak van deelnemende-aksie-navorsing, wat binne 'n kritiese paradigma uitgevoer word. Onderwysers, skole en ondersteuningspersoneel se einddoel is die optimale ontwikkeling van leerders. Hierdie doel is afhanklik van doeltreffende skoolbestuur, wat weer afhanklik is van 'n toereikende kurrikulum en ondersteunende onderrig- en leeromgewings. Hierdie navorsing het dan ook gekyk hoe suksesvol EI-onderrigstrategieë in die voorkoming van dissiplineprobleme kan wees. Die gebruik van EI in die klaskamer kan as voorkomende dissipline gesien word. Hierdie navorsing toon onteenseglik dat EI die kernelement van 'n sosiaal-emosionele skool-intervensieprogram program moet wees. Positiewe dissipline, demokratiese skoolbestuur en ondersteuning-strukture is ook tydens die studie geïdentifiseer as elemente wat in 'n sosiaal-emosionele intervensieprogram teenwoordig behoort te wees.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: van der Merwe,Petro
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2012
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512012000400012
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!