Biomediese verbetering: Maakbaarheid of onttowering?

Hierdie artikel neem die jongste verwikkelinge op die terrein van biomediese verbetering ("enhancement") krities onder die loep in die lig van die vraag of sodanige verbetering nie direk inspeel op die verskynsel dat die wêreld sedert die aanbreek van die Verligting "onttower" word nie. Die begrip "onttowering" (ontluistering) en die filosofiese invloede waaruit die idee van onttowering ontstaan het, word bespreek. Voorbeelde van moontlike biomediese verbeteringe word kortliks bespreek. Daarna volg 'n kritiese analise van 'n aantal besware wat meermale in die literatuur teen die idee van verbetering ontwikkel word. Hieronder tel die vraag na die houdbaarheid van die terapie/verbetering-onderskeiding, Habermas se argument insake die beweerde kompromittering van die outonomie van pasgeborenes, Sandel se argument dat verbetering neerkom op 'n onverantwoorde sug na "bemeestering" en 'n miskenning van die "gawe-karakter van die lewe", asook die debat rondom "transhumanisme" - met name die vraag of 'n superieure "transhumane" spesie die reg behoort te hê om paternalisties teenoor die res van die mensdom op te tree. Die outeur sluit af met die ontwikkeling van 'n aantal riglyne in terme waarvan navorsing op hierdie terrein gereguleer behoort te word. Hy kom ook tot die gevolgtrekking dat verbetering nie noodwendig tot onttowering aanleiding hoef te gee nie, maar dat verwondering ook die gevolg kan wees, nie slegs van 'n konfrontasie met die onbekende nie, maar ook van die uitkoms van ontdekking.

Guardado en:
Detalles Bibliográficos
Autor principal: van Niekerk,Anton A
Formato: Digital revista
Idioma:Afrikaans
Publicado: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2012
Acceso en línea:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512012000400008
Etiquetas: Agregar Etiqueta
Sin Etiquetas, Sea el primero en etiquetar este registro!
Descripción
Sumario:Hierdie artikel neem die jongste verwikkelinge op die terrein van biomediese verbetering ("enhancement") krities onder die loep in die lig van die vraag of sodanige verbetering nie direk inspeel op die verskynsel dat die wêreld sedert die aanbreek van die Verligting "onttower" word nie. Die begrip "onttowering" (ontluistering) en die filosofiese invloede waaruit die idee van onttowering ontstaan het, word bespreek. Voorbeelde van moontlike biomediese verbeteringe word kortliks bespreek. Daarna volg 'n kritiese analise van 'n aantal besware wat meermale in die literatuur teen die idee van verbetering ontwikkel word. Hieronder tel die vraag na die houdbaarheid van die terapie/verbetering-onderskeiding, Habermas se argument insake die beweerde kompromittering van die outonomie van pasgeborenes, Sandel se argument dat verbetering neerkom op 'n onverantwoorde sug na "bemeestering" en 'n miskenning van die "gawe-karakter van die lewe", asook die debat rondom "transhumanisme" - met name die vraag of 'n superieure "transhumane" spesie die reg behoort te hê om paternalisties teenoor die res van die mensdom op te tree. Die outeur sluit af met die ontwikkeling van 'n aantal riglyne in terme waarvan navorsing op hierdie terrein gereguleer behoort te word. Hy kom ook tot die gevolgtrekking dat verbetering nie noodwendig tot onttowering aanleiding hoef te gee nie, maar dat verwondering ook die gevolg kan wees, nie slegs van 'n konfrontasie met die onbekende nie, maar ook van die uitkoms van ontdekking.